BiBNuus
Library homepage
Koordlose netwerk in JS Gericke Biblioteek getoets
'n Koordlose netwerkstelsel word tans in die JS Gericke Biblioteek getoets om vas te stel wat die kapasiteit, spoed en betroubaarheid asook die aanvraag na koordlose apparaat is. Die toetsperiode sal tot ongeveer die einde van November vanjaar duur.
Een koordlose netwerktoegangspunt is vir die doel by die Inligtingsdienspunt op die boonste vlak van die JS Gericke Biblioteek geïnstalleer. Dié toegangspunt se reikwydte is tussen 30 en 50 meter. Dit beteken dat enigeen sy/haar eie rekenaar (gewoon of draagbaar) binne hierdie area kan gebruik sonder om met 'n kabel aan die netwerk koppel te wees.
Om van die koordlose fasiliteit gebruik te maak, moet jou rekenaar beskik oor 'n PCMCIA (koordlose netwerk) -kaart. PCMCIA-kaarte is vir die toetsperiode by die Biblioteekrekenaarafdeling beskikbaar vir bruikleen. Indien jou rekenaar reeds oor so 'n kaart beskik, moet dit by die Afdeling Informasietegnologie geregistreer word.
Met koordlose netwerktoegang poog ons om biblioteekbronne meer toeganklik te maak, tegnologiese buigsaamheid te verbeter en om te voldoen aan die groter wordende aanvraag na die gebruik van draagbare rekenaars in die Biblioteek.
Ons moedig alle koordlose gebruikers aan om die fasiliteit uit te probeer en verwelkom ook navrae en terugvoer in die verband. Kontak asseblief vir John Dovey by tel.: 808-4100 of per e-pos: pjcd@sun.ac.za
Stem op die biblioteektuisblad: Het jy 'n behoefte aan koordlose toegang tot die kampusnetwerk vanuit die Biblioteek - ja of nee?
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.