BiBNuus
Library homepage
Uitstalling in JS Gericke Biblioteek: JM Coetzee
Die ontvanger van vanjaar se Nobelprys vir Letterkunde, JM Coetzee, is tans die onderwerp van 'n uitstalling in die JS Gericke Biblioteek. Hy is as pryswenner bekroon deur die Sweedse Akademie vir Letterkunde met die volgende woorde: "who in innumerable guises portrays the surprising involvement of the outsider
Coetzee het reeds verskeie literêre pryse in sy loopbaan ontvang, wat o.a. die Bookerprys in 1983 en 1999 vir onderskeidelik "The life and times of Michael K" en "Disgrace" insluit. Hy is die tweede Suid-Afrikaner wat die Nobelprys vir Letterkunde ontvang. Dit is in 1991 aan Nadine Gordimer toegeken. Coetzee is tans verbonde aan die Universiteit van Adelaide, nadat hy in 2001 na Australië emigreer het. Sy nuutste boek, Elizabeth Costello is pas in Oktober 2003 uitgegee.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.