BiBNuus
Library homepage
Phonet met PCounter vervang vir drukwerk
Die Phonet-stelsel wat tot dusver by die Biblioteekdiens vir beide fotokopiëring en drukwerk gebruik is, sal vanaf Desember vanjaar met PCounter vervang word.
Die oorskakeling word gedoen ten einde te standaardiseer ten opsigte van die stelsel wat reeds in rekenaargebruiksareas (RGA's) gebruik word vir die betaling van drukwerk.
Met PCounter moet gebruikers vooraf krediete vir drukwerk koop wat op hul US-kaarte gelaai word.
Verdere inligting in die verband, sal binnekort in die nuusarea van die Maties.com tuisblad bekendgemaak word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.