Roux de
Villiers (links), dosent by die Departement Handelsreg het op
26 September 'n stimulerende praatjie oor
©/IT Regsaspekte vir Biblioteke by die JS Gericke Biblioteek gelewer.
Die geleentheid is op inisiatief van
biblioteekpersoneel gereël omdat die kwessie van kopiereg groot
hoofbrekens in die elektroniese inligtingsomgewing veroorsaak.
Tydens die praatjie is die kwessie van
"onderskepping", met verwysing na die universiteit se elektroniese
kommunikasiebeleid en die reg op privaatheid van werknemers en
studente, bespreek. Daar is onder andere gekyk tot watter mate die
universiteit as werkgewer die reg het om kommunikasie oor die
netwerk te monitor (bv. e-pos en internetgebruik).
'n Lewendige bespreking is ook gevoer rondom
kopiereg-implikasies vir biblioteke. Biblioteekmateriaal is
meestal onderhewig aan kopiereg, maar die Wet maak ook vir
uitsonderings voorsiening, byvoorbeeld dat daar nie kopiereg is op
amptelike tekste nie.
Voorts is toegang tot elektroniese databasisse, wat
onderhewig is aan kopiereg, bespreek. Lisensie-ooreenkomste van
verskaffers van databasisse kan byvoorbeeld bepaal dat slegs
personeel en studente aan die Universiteit toegang daartoe mag
verkry.
Kliek hier vir die volledige "Powerpoint"-aanbieding
oor dié interessante onderwerp. |