BiBNuus
Library homepage
25 Jaar diens vir hoof van Tydskrifafdeling
Marita Landsberg, hoof van die Tydskrifafdeling by die JS Gericke Biblioteek is vanjaar 25 jaar by die Biblioteekdiens werksaam. 'n Toekenning om dié gebeurtenis te vier is op 14 Oktober 2003 aan haar oorhandig.
Marita, 'n gekwalifiseerde bibliotekaresse, wat ook 'n joernalistieke agtergrond het, het haar loopbaan by die Universiteit in 1978 by die Musiekbiblioteek begin. Sy werk sedert 1984 by die Tydskrifafdeling en het in 1993 hoof van die afdeling geword.
Na 25 jaar is sy steeds entoesiasties en toegewyd en is dit veral die veranderlikheid van die inligtingsomgewing wat vir haar stimulerend en uitdagend is.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.