BiBNuus
Library homepage
Biblioteekpersoneel by konferensies en opleidingsessies
Niel Hendriksz
Mimi van der Merwe
Niel Hendriksz (Vakbibliotekaris, JS Gericke Biblioteek) en Mimi van der Merwe (Dokumentesentrum, JS Gericke Biblioteek) het onlangs die interdissiplinêre “Symposium on the History of the Cartography of Africa” bygewoon.
Die simposium is tussen 4 en 5 Augustus vanjaar by die Nasionale Biblioteek in Kaapstad aangebied. Dit vorm deel van die program van die jaarlikse kongres van die ICA (International Cartographic Association) en het ’n aantal internasionale sprekers gelok.
Die simposium het ook ’n besoek aan die interessante “Perspectives on and of Africa” uitstalling, wat deel vorm van die "Parliamentary Millennium Project", ingesluit.
Die verhandelinge van die simposium is in die Africana-afdeling beskikbaar.
Matthew Syphus
Matthew Syphus (Assistentdirekteur, JS Gericke Biblitioteek) het pas teruggekeer van die "5th Northumbria International Conference on Performance Measurement in Libraries and Information Services".
Die konferensie is tussen 28 en 31 Julie 2003 by die Collingwood College, Durham Universiteit in Engeland aangebied.
Matthew het ook besoek afgelê by die "Library and Information Statistics Unit" van die Loughborough Universiteit en by die "Service Assessment and Planning" afdeling van die Oxford Universiteit Biblioteek.
Johan Engelbrecht
Johan Engelbrecht (Adjunkdirekteur, Biblioteekdiens) was vanaf 1 tot 9 Augustus 2003 in Berlyn om die 69ste IFLA (International Federation of Library Associations and Institutions) konferensie by te woon.
Die tema van vanjaar se konferensie was "Access point library: Media - Information - Culture".
Lucia Schoombee
Lucia Schoombee (Beplanning en Bemarking, JS Gericke Biblioteek) het vanaf 14 tot 17 Julie die "Ontwerp Webtekste en Webwerwe slypskool" bygewoon wat deur die Taalsentrum op Stellenbosch aangebied is.
Die slypskool het uit twee dele bestaan.
Die eerste deel het gefokus op effektiewe skryfstyl vir die Web terwyl die tweede deel gekonsentreer het op tegniese aspekte en veral die gebruik van Dreamweaver as grafiese ontwerp pakket.
Berta Els
Berta Els (Assistentdirekteur, Biblioteekdiens) het op 23 en 24 Julie 'n kursus bygewoon oor die Peromnes prestasie-evalueringstelsel.
Die kursus is deur Deloitte & Touche aangebied.
Die Peromnes-stelsel is in die sestiger jare in Suid-Afrika ontwikkel en word deur meer as 400 organisasies landwyd gebruik.
Die naam "Peromnes", wat afgelei is van twee Latynse woorde met die betekenis "vir almal", is dus heel toepaslik.
Annemarie Maritz
Henriëtte Swart
Johan Mouton
Onderwerpe wat by die konferensie bespreek is, is onder andere: die veranderende rol van die inligtingsdeskundige en die biblioteek; elektroniese boeke en -tydskrifte; kennisbestuur en die intranet.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.