BiBNuus
Library homepage
Soölogie uitstalling in JSG
’n Paar skaars items wat aansluit by die eeufeesviering van die Departement Soölogie kan tans in die J S Gericke Biblioteek besigtig word. In die Africana-lokaal is werke uit die Hugh Solomon-versameling te sien wat ’n oorsig gee van soölogiese ontdekkings tussen die jare 1655 en 1849. Reisbeskrywings van bv. Kolbe, Le Vaillant, William Paterson, en Andrew Smith se pionierswerk Illustrations of the zoology of South Africa (1849) bevat sowel noukeurige as fantasieryke uitbeeldings van Suid-Afrikaanse fauna.
Grand lézard du Cap' - one of the creatures Tachard encountered on his Cape travels" in Voyage de Siam by Guy Tachard (1651-1712). Paris : 1686.
Buite die afdeling is ’n verskeidenheid ou en nuwe items uit die Beskermde Boeke-afdeling uitgestal, o.a. Le Guat se A new voyage to the East-Indies (London, 1708), die enigste gedrukte bron waarin die dodo uitgebeeld word deur iemand wat die voël in lewende lywe gesien het, en ’n indrukwekkende 2001-faksimilee van Albertus Seba se Cabinet of natural curiosities wat tussen 1734 en 1765 gepubliseer is.
’n Paar interessante foto’s en handgeskrewe klasaantekeninge uit vroeë dosente se dokumentversamelings kan ook van naderby bekyk word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.