'n Afbeelding uit die Lucas
Cranach-pamflet
Passional Christi und Antichristi. 1521 |
Passional Christi und Antichristi
Wittenberg : J.
Grunenberg, 1521.
’n Pamflet met 26 houtsneë wat
as die werk van Lucas Cranach (1472-1553) aanvaar word. Tonele
uit die lewe van Christus, met aanhalings uit die Evangelies,
word uitgebeeld op die verso van die blaaie, met teenoor
elkeen ’n toneel wat ’n parodie op die lewe van die pous is,
met aanhalings uit die Kanonieke Reg. Martin Luther het die
brosjure intensief in sy hervormingstryd gebruik. Nege edisies
en variante het in 1521 verskyn, maar ons kopie van die A
1-edisie is besonder skaars.
Het Onze Vader
[s.l.; n.d. Amsterdam,
c.1952]
Met afmetings van 5mm x 3mm die
kleinste boekie in ons biblioteek. Bevat die Onse Vader
in Nederlands, Engels, Frans, Duits, Spaans en Sweeds. In ’n
houer wat as vergrootglas dien, waardeur die teks goed
leesbaar gemaak word. Gebind in swart leer, met silwer
gestempel. |
St. Augustinus, Biskop van Hippo
De civitate Dei…
- Basel: Johann Amerbach, 1490.
Die oudste boek
in besit van Spesiale Versamelings, en een van die mees
invloedryke werke ooit. Geskryf in 412 n.C. gedurende die
chaotiese tyd van die val van die Romeinse Ryk in ’n poging om
die Romeine tot die Christendom te bekeer. Met oorspronklike
bindwerk en omslag van hout en leer. |