'n Boekverkoping sal vanaf Woensdag, 28 Mei 2003 op die onderste vlak in die JS Gericke Biblioteek aangebied word. Die duur van die verkoping sal deur die beskikbaarheid van boeke bepaal word en verkopings sal slegs gedurende biblioteekure plaasvind.
Die boeke wat verkoop word, is hoofsaaklik onttrekte materiaal sowel as skenkings wat na oorweging nie in die biblioteekvoorraad opgeneem is nie. Boeke met betrekking tot Suid-Afrikaanse geskiedenis en Suid-Afrikaanse letterkunde sal nie by hierdie boekverkoping beskikbaar wees nie, maar sal wel tydens 'n boekverkoping aan die einde van die jaar aangebied word.
Pryse van boeke sal tussen R5-00 en R10-00 wissel.
Navrae in die verband kan aan Niel Hendriksz by tel: 808-4401 of by epos: nh@sun.ac.za gerig word.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.