17 Maart / March 2003 Vol. 1 No. 1
Kwitansiedrukkers is by die JS Gericke Biblioteek geïnstalleer om ontvangserkenning vir terugbesorgde boeke aan kliënte te kan lewer. Persone wat materiaal by die JS Gericke Biblioteek terugbesorg, word dus vriendelik versoek om by die toonbank te wag totdat 'n kwitansie vir die materiaal uitgereik is. Dit is nie wenslik dat materiaal bloot op die toonbank gelaat word nie, aangesien dit wederregtelik verwyder kan word en dan steeds die verantwoordelikheid van die lener bly. Die kwitansiestelsel is daarop gemik om geskille uit die weg te ruim wat ontstaan wanneer boeke na bewering terugbesorg is, maar nie in die Biblioteek opgespoor kan word nie. In sodanige gevalle sal 'n kwitansie die kliënt onteenseglik van verdere verantwoordelikheid vrywaar. Kwitansies word eweneens uitgereik wanneer materiaal geleen word en het die gebruiklike aanbring van datumstempels in boeke vervang.
***
Receipts for returned material
Receipt printers have been installed at the JS Gericke Library in order to provide clients with acknowledgement of receipt of returned books. Anyone returning material to the JS Gericke Library is thus kindly requested to wait at the issue desk until a receipt for the material has been issued. It is not desirable for material to be simply left at the issue desk, as it could be mistakenly removed while still remaining the responsibility of the borrower. The receipt system is aimed at removing disputes that arise when books are allegedly returned but cannot be traced in the library. In such cases a receipt will incontestably indemnify the client from further responsibility.
Receipts are similarly issued when material is borrowed and have replaced the usual stamping of the date in books.
This site is best viewed with Javascript enabled in your browser.Please enable your Javascript or contact your systems administrator.