WORKSHOP - HOW TO
PUBLISH YOUR RESEARCH
Sien Afrikaans onder
The Library
and Information Service offers training to students and researchers on a
regular basis throughout the academic year. These training sessions help
students become skilled in finding academic information and teach them
research skills in order to improve the quality of academic assignments
and to create greater awareness of plagiarism. The Library
Training and Events Calendar provides
information on sessions and an opportunity to register for a session.
During April and May several training sessions will be on offer, but we
want to highlight the session on 21 May 2014, “Making important
decisions about publishing your research”.
This
workshop, which was developed last year, is a hands-on session that
looks at important factors to help you decide where to publish your
research and covers the following: article types and features of a good
journal; the South African research outputs accreditation system;
citation indicators currently used to evaluate journal performance; open
access and hybrid options for publication; unique author identification;
co-authorship and the order of author names.
The session takes place on Wednesday 21
May,from 8:30 to 13:00
in the
E-classroom (JS Gericke Library). It will be presented by Naomi Visser
and Dalene Pieterse and is aimed at postgraduate students and
researchers. Please
register here.
Mimi Seyffert
Back to contents page
WERKSWINKEL -
HOE OM JOU NAVORSING TE PUBLISEER
Die
Biblioteek- en Inligtingsdiens bied op ‘n gereelde basis deur die loop
van die akademiese jaar opleiding aan studente en navorsers. Hierdie
opleidingsessies help om studente vaardig te maak in die vind van
akademiese inligting en om navorsingsvaardighede aan te leer ten einde
die kwaliteit van akademiese opdragte te verbeter en ‘n beter bewussyn
van plagiaat te ontwikkel. Die
Biblioteekopleidingskalender verskaf
inligting oor opleidingsessies en bied ook die geleentheid om vir
hierdie sessies te registreer.
Gedurende April en Mei vanjaar word verskeie opleidingsessies aangebied,
maar ons wil graag die aandag vestig op die volgende sessie rondom
belangrike besluite rakende die publikasie van navorsing, “Making
important decisions about publishing your research” op Woensdag 21 Mei
2014.
Hierdie
praktiese werksessie is verlede jaar ontwikkel.en kyk na belangrike
faktore wat jou kan help besluit waar om jou navorsing te publiseer. Die
volgende word gedek: tipes artikels en die eienskappe van ‘n goeie
vaktydskrif; die Suid-Afrikaanse stelsel vir die akkreditasie van
navorsingsuitsette; sitaatindikatore wat gebruik word om vaktydskrifte
te evalueer; oop toegang en hibriede opsies vir publikasie; unieke
outeuridentifikasie; mede-outeurskap en die volgorde van outeursname.
Die werkswinkel vind plaas op
Woensdag 21 Mei van 8:30 tot 13:00
in die E-klaskamer (JS Gericke Biblioteek). Dit word aangebied deur
Naomi Visser en Dalene Pieterse en die teikengehoor is nagraadse
studente en navorsers. Registreer
asseblief hier.
Mimi
Seyffert
Terug na
Inhoudsopgawe
|