SUBJECT GUIDES - LIBRARIANS'
VIRTUAL PRESENCE
Sien Afrikaans onder
Subject
guides (or Libguides as we call
them) are created by Faculty Librarians for each department to promote
subject-specific resources to the students. A number of generic guides
are also available.
The subject guides
include information on books and journals, listings of databases,
webpages and other information and resources that might be relevant to
the student’s area of study. It is a useful space to promote new
databases and electronic reference works in a specific subject field.
The guides can also be used by fellow librarians and student assistants
if they need to answer subject-related queries when the faculty
librarian for a specific subject is not available.
The second type of libguide is of a more generic nature. The most
visited guide in this group is How
do I find, access and use information effectively: A step-by-step guide.
The aim of this guide is to help undergraduate students find information
for their assignments and to use the information effectively and
responsibly. Attention is also given to the different referencing
styles. This guide has already been viewed 20 194 times this year. Some
of the other popular generic guides are User
guide for postgraduates and researchers,
Google
and Google Scholar, and
Directory of South African Music Collections.
Why did we choose LibGuides? LibGuides is a Springshare web 2.0 library
knowledge sharing system. It is easy to use and content can be
added/edited instantly. No technical expertise is required and it links
easily to different formats of information. The look and feel of all the
guides are uniform and consistent to create a professional image, but it
does give the librarians room for a little bit of creativity as well. It
provides up-to-date user statistics which can be an indication of what
is essential and most used in a specific guide. The Library is in the
third year of using this very successful tool.
Please visit the subject guides @
http://libguides.sun.ac.za/
Marleen van Wyk
Back to contents page
VAKGIDSE - DIE
VIRTUELE BIBLIOTEKARIS
Vakgidse
(of Libguides soos ons dit noem) word geskep deur
Fakulteits-bibliotekarisse vir elke departement om vakspesifieke bronne
bekend te stel aan studente. 'n Aantal generiese gidse is ook
beskikbaar.
Die vakgidse sluit inligting oor boeke,
tydskrifte, lyste van databasisse, webbladsye en ander nuttige inligting
en bronne wat relevant mag wees tot die student se vakgebied in. Dit is
'n nuttige ruimte om nuwe databasisse en elektroniese naslaanwerke in 'n
spesifieke vakgebied te bemark. Die gidse word ook gebruik deur
mede-bibliotekarisse en studente-assistente wanneer hulle 'n vakverwante
navraag moet beantwoord wanneer die fakulteitsbibliotekaris vir die
spesifieke vakgebied nie beskikbaar is nie.
Die tweede tipe vakgids is van 'n meer
generiese aard. Die mees besoekte vakgids in hierdie groep is
How do I find, access and use information
effectively: A step-by-step guide. Die doel van hierdie
gids is om voorgraadse studente te help om inligting te vind en
effektief en verantwoordelik te gebruik. Aandag word ook gegee aan die
verskillende verwysingstegnieke. Die gids is reeds 20 194 kere besigtig
vanjaar. Sommige van die ander gewilde generiese gidse is die
gebruikersgids vir nagraadse studente en navorsers,
Google en Google Scholar en die
Directory of South African Music Collections.
Hoekom het ons Libguides gekies? Libguides
is 'n Springshare web 2.0 "library knowledge sharing system". Dit is
maklik om te gebruik en inhoud kan vinnig bygevoeg of verander word.
Geen tegniese kennis is nodig en dit skakel maklik met verskillende
formate van inligting. Die uitleg van al die gidse is eenvormig en
konsekwent om 'n professionele beeld te skep maar dit laat ook genoeg
vryheid vir bibliotekarisse om kreatief met die gidse om te gaan. Dit
verskaf ook gebruikerstatistiek wat 'n aanduiding kan gee van wat nuttig
is vir gebruikers binne 'n spesifieke gids die meeste gebruik word. Die
Biblioteek gebruik hierdie baie suksesvolle stelsel reeds vir byna twee
en 'n half jaar.
Besoek asseblief die
vakgidse @
http://libguides.sun.ac.za/
Marleen van Wyk
Terug na Inhoudsopgawe |