|
|
|
|
Universiteit Stellenbosch Biblioteekdiens ENGLISH Stellenbosch University Library Service |
|
|
Biblioteekweek is twee weke gelede gevier met 'n Web vasvra kompetisie; 'n uitstalling oor biblioteke van die wêreld, boetegrasie en
GetWise@URLibrary opleiding oor Science Direct en SA ePublications. Biblioteekdatabasisse nou maklik van buite die kampus toeganklik Nuwe verifikasie sagteware maak dit nou vir buite-kampus
kliënte maklik om deurgaans toegang te kry tot biblioteekdatabasisse en
elektroniese tydskrifte.
Maatreëls tydens kragonderbrekings
Kragonderbrekings raak die JS Gericke
Biblioteek soos volg: Slegs beperkte diens soos uitreikings en terugbesorgings kan
gelewer word. Die noodkragopwekker kan slegs vir vier ure aaneen funksioneer,
waarna dit hervul moet word. Die kragopwekker verskaf ongeveer 33% van die normale beligting
in die gebou, wat onvoldoende is vir studie-doeleindes. Omdat die Biblioteek ondergronds gehuisves is, hou dit vir
personeel en kliënte ’n gesondheidsrisiko in indien die lugreëling in
die gebou nie werk nie. Aangesien dit tydens kragonderbrekings
stikdonker op kampus is, skep dit ‘n ernstige risiko vir die paar,
hoofsaaklik vroulike, personeellede wat aan diens is.
Boeke nou deels deur Google en Yahoo toeganklik
'n Ooreenkoms tussen WorldCat en Google het tot gevolg dat die
Biblioteekdiens se boekvoorraad nou ook deur middel van Google en Yahoo
vindbaar is.
Interlenings: prosedures m.b.t. rekwisisies
'n Afsonderlike rekwisisievorm word vereis vir ELKE personeellid en student wat gemagtig is om interleningmateriaal teen 'n
rekwisisie-nommer aan te vra.
Ingenieurs- en Bosboubiblioteke smelt saam Die versameling van die Bosboubiblioteek het onlangs verskuif na die Ingenieursbiblioteek. Alle Bosboumateriaal is dus nou beskikbaar by die "nuwe" Ingenieurs- en Bosboubiblioteek. Op die Biblioteekkatalogus sal items wel nog vertoon as "Bosbou".
Die samesmelting van die twee biblioteke is gevier tydens 'n klein geleentheid op die 17de Maart.
Navrae: Corinna Truter, tel.: 808-4301
|
SpringerLink Online
Journal Collection is die nuutste databasis wat by die Biblioteekdiens
se versameling van elektroniese inligtingsbronne gevoeg is. Dié
databasis verskaf, onder andere, toegang tot meer as 1,200 volteks tydskrifte.
Nuwe vakbibliotekarisse vir Agriwetenskappe
Carine Tymbios en Hanlie Strydom, voorheen verbonde aan die Biblioteekdiens
se kommersiële inligtingsdiens, INFOBANK, lewer sedert Januarie vanjaar ’n
vaknaslaandiens aan die Fakulteit Agriwetenskappe.
Nuwe boeke
'n Seleksie van nuwe boeke word weekliks op die Biblioteektuisblad uitgestal. Kliek hier om nog te sien ...
Nuwe aanstellings
Baie welkom Yumna!
Rekenaartoegang in JSG verbeter Twintig bykomende rekenaars is op die onderste vlak van die
JS Gericke Biblioteek geplaas om die beskikbaarheid van rekenaars te
verbeter. Die maatreël spreek een van die grootste knelpunte aan wat
tydens die LibQual meningsopname aan die lig gekom het. Die rekenaars beskik almal oor Internet-toegang, e-pos
fasiliteite, woordverwerking en sigblad fasiliteite.
Navrae: Wouter Klapwijk, tel.: 808-4378
'n Uitstalling onder beskerming van die Chinese Ambassade word tans in die JS Gericke Biblioteek gehou.
Hierdie foto-uitstalling met die titel: Dynamic Beijing: photo exhibition in commemoration of the 56th anniversary of the founding of the People's Republic of China, dek alle aspekte van Beijing: die hede, verlede, ekonomie en opvoedkunde.
Navrae: Marié Roux, tel.: 808-2623
Maatreëls om beskikbaarheid van boeke te verbeter Die LibQual-meningsopname oor biblioteekdienslewering wat verlede jaar uitgevoer is, het daarop gedui dat kliënte dikwels nie die boeke wat hulle benodig in die hande kan kry nie. Op grond hiervan is
uitleenvoorregte hersien: Nie-universiteitslede se uitleenvoorregte is
vervolgens ingekort. Primêre kliente se uitleenvoorregte is onveranderd
gelaat, maar boeke sal voortaan slegs twee
keer hernu kan word.
Afhaal van biblioteekmateriaal deur derde party Wanneer biblioteekmateriaal deur ’n derde
persoon by die JS Gericke Biblioteek afgehaal word, moet dié persoon
asseblief elke keer ’n toestemmingsbrief toon wat bevestig dat hy/sy
gemagtig is om materiaal namens iemand anders af te haal. |
|
Bibnuus
word kwartaalliks uitgegee deur die Biblioteekdiens se Afdeling Beplanning
en Bemarking. |
|