Biblioteektuisblad

BiBNuus

Library homepage

Eenheid stal uit by Teologie Biblioteek

Die eenheid vir Godsdiens- en Ontwikkelingsnavorsing (EGON) van die Departement Praktiese  Teologie en Missiologie (Fakulteit Teologie) is besig met 'n groot gemeenskapsnavorsingsprojek  in 'n gebied wat strek vanaf Atlantis aan die Weskus tot by Gordonsbaai in Valsbaai. 'n Uitstalling hieroor is tans te sien by die Teologie Biblioteek.

Deur middel van nuwe tegnologie is plekke van aanbidding, sjebeens, bordele, ensovoorts gekarteer. Statistiek vir die demografiese gegewens wat in hierdie verslae vervat is, is verkry van die polisie,  die Departement van Gesondheid en die laaste  twee sensusse.

Met dié inligting wil die navorsers die grootste uitdagings wat gemeenskappe in die gesig staar, identifiseer en kwantifiseer. Dit is kerninligting vir sosiale- en gemeenskapsdienste wat misdaad, wandade, vigs, werkloosheid en armoede teenwerk. Die belangrikheid van die potensiële rol van geloofsgebaseerde organisasies word in die navorsingsverslae uitgewys.

'n Paar van die ses verslae wat reeds afgehandel is, is by hierdie uitstalling in die Teologie Biblioteek te sien. Die omgewings wat afgehandel is, sluit Kayelitsha, die Helderbergkom, Guguletu/Nyanga/ Crossroads, Manenberg, die suidelike voorstede en Mitchell's Plein in.

Volledige verslae asook ander resultate is beskikbaar by die eenheid se webtuiste.

Vir navrae oor die uitstalling by die Teologie Biblioteek, kontak gerus vir Leeta Kellerman by        tel.: 808-3507 of per e-pos: ljk@sun.ac.za.

Terug na inhoudsblad

Back to contents page