Die Innovasieruimte verskaf 'n innoverende en stimulerende omgewing vir samewerkende prototipering, innovasie en leer.
Dienste & Bronne
Raadpleeg die Innovasieruimte-biblioteekgids vir inligting oor 3D-drukwerk & 3D-skanderingsdienste, toerusting en gereedskap wat bespreek kan word of bespreek 'n toerusting- of gereedskapopleidingsessie.
Ontwerpwerkstasies
Daar is vier ontwerpwerkstasies wat 'n area verskaf vir 3D-modelering en stroombaanontwerp, 'n Ontwerpwerkstasie is toegerus met 'n rekenaar met rekenaarondersteunde ontwerpsagteware. Bespreek 'n besoek.
Konstruksiewerkstasies
By die vier konstruksiewerkstasies kan met osiloskope gewerk en gesoldeer word. Hierdie area verskaf ook genoeg ruimte vir praktiese werk soos opstelling, stroombaaninspeksie en montering. 'n Konstruksiewerkstasie is toegerus met 'n rekenaar met rekenaarondersteunde ontwerpsagteware. Bespreek 'n besoek.
Beleid en Reëls
Gebruikers van die Innovasieruimte moet die Innovasieruimte se Beleid en Reëls lees en nakom. Wanneer 'n bespreking gemaak word, word daar ook van die gebruiker van die Innovasieruimte verwag om die bepalings en voorwaardes vir die gebruik van toerusting en sagteware wat op die besprekingsvorm geselekteer is. te aanvaar Hiermee bevestig jy dat jy wel bevoeg is om dit op 'n veilige manier te gebruik.
Opleiding
Bespreek 'n opleidingsessie via die Biblioteekopleidingskalender en die Innovasieruimte opleidingskalenderom meer te leer hoe om die Innovasieruimte se gereedskap en toerusting optimaal te gebruik in ooreenstemming met die Innovasieruimte se veiligheidsriglyne.
Kontak ons
Waar is ons?
Ons is in die Universiteit Stellenbosch Biblioteek op die boonste vloer in kamer 1033.
Wie mag dit gebruik?
Die fasiliteit word deur middel van toegangsbeheer gereserveer vir studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch. Jy benodig 'n geldige studente- of personeelkaart om toegang tot die Innovasieruimte te verkry.
Openingstye?
Die openingstye kan op die Library Hours blad gevind word.
Personeel, bystand & terugvoer
Die Innovasieruimtespan is gedurende Innovasieruimte-ure beskikbaar om diens, opleiding en bystand te verleen.
Skeduleer 'n afspraak of kontak die Hoof: Innovasieruimte Tegniese Beampte by +27 21 808 9939. Ons doelwit is om die beste moontlike diens vir ons kliënte te lewer. Stuur vir ons jou kommentaar deur gebruik te maak van die terugvoervorm.