Deel van data teenoor verspreiding van data
Die deel van data verwys na die private eweknie-tot-eweknie beskikbaarstelling van data tussen navorsers en ander partye. Die verspreiding van navorsingsdata verwys na die openbare beskikbaarstelling van navorsingsdata in 'n openbare omgewing.
Hoe om data te deel
Navorsingsdata kan gedeel word binne virtuele navorsingsomgewings soos Universiteit Stellenbosch se Microsoft Teams of applikasies vir lêeroordrag soos
Filesender.
Die publikasie van data
Data kan op verskeie maniere gepubliseer word, byvoorbeeld:
- Publikasie in akademiese joernale
- Publikasie in datajoernale
- Publikasie deur middel van digitale bewaarplekke
Publikasie van data in akademiese joernale
Sommige
akademiese uitgewers vereis dat navorsers supplementêre ondersteunende navorsingsdata saam met hul artikels indien.
Publikasie van data in datajoernale
Navorsingsdata kan in die vorm van alleenstaande data artikels in geselekteerde
datajoernale gepubliseer word.
Publikasie van data deur middel van digitale bewaarplekke
Navorsers kan navorsingsdata deur middel van verskeie tipes digitale bewaarplekke toeganklik maak. 'n Uitgebreide lys van bestaande bewaarplekke is beskikbaar op die Registry of Research Data Repositories webtuiste. 'n Hulpmiddel bekend as Repository Finder kan ook gebruik word om digitale databewaarplekke te identifiseer wat voldoen aan aanvaarde praktyke en beginsels soos die FAIR Data Principles.