In ooreenstemming met die Universiteit se strewe na navorsing van
uitnemendheid en tersaaklikheid, lewer die Biblioteek- en
Inligtingsdiens steundienste aan nagraadse studente, akademiese
personeel, navorsers en postdoktorale studente, in elke fase van die
navorsingsiklus. Sommige fokusareas word daarop toegespits om die beste
akademiese hulpbronne moontlik beskikbaar te stel, steun te bied vir
wetenskaplike kommunikasie en om die navorsingsuitset aan te moedig.
Dienste
Ons strewe daarna om ruimtes beskikbaar te stel wat geskik is vir navorsing en dienslewering deur ervare personeel. Die
Carnegie Navorsingsruimte
bring mense, tegnologie en inligtingshulpbronne bymekaar om optimale
navorsingsaktiwiteite te verseker. Individuele werkspasies,
gespreksareas en 'n gerieflike ruimte om te ontspan en te netwerk word
aangebied.
Onder die skakel
Navorsingsimpak
word inligting gevind oor bibliometriese instrumente en hulpmiddels,
sitaatanalise, unieke outeursidentifisering (
ORCID) en hulp met die
verbetering van jou sigbaarheid as 'n navorser. Die skakle na
Navorsingsdata-bestuur sal jou neem na riglyne oor hoe om jou navorsingsdata te beplan en te bestuur, sowel as waar om dit te bewaar. Die bladsy oor
Bibliografiese verwysingsbestuur
bied meer inligting oor hoe om jou verwysings te bestuur met hulpbronne
soos
Mendeley. Hier is ook skakels na meer inligting oor
die gebruik van verwysings in die algemeen.
Oop Toegang
bevoordeel navorsers deur goedkoop toegang tot vakkundige materiaal te
verleen, terwyl outeurs deur wêreldwye blootstelling meer geleentheid
kry om aangehaal te word. Die Universiteit se initiatiewe rakende Oop
Toegang is almal hier gelys, byvoorbeeld ons institutionele bewaarplek
(SUNScholar), SUNJournals, SUNConferences, die
Ooptoegangspublikasiefonds en Selfargivering.
Twee ander belangrike dienste,
Spesiale Versamelings en
Digitale Versamelings,
stel beide waardevolle, unieke materiaal beskikbaar vir navorsers,
insluitend manuskripte, kaarte, seldsame boeke, argitektoniese tekeninge
en ander vorme van materiaal.
'n
Opleidingsprogram
gerig op nagraadse studente en navorsers word deur die jaar aangebied
om jou te help om die Biblioteek se inligtingsbronne en
opspoorinstrumente optimaal te benut en navorsingsproduktiwiteit te
verhoog. Die
aanlynkalender op die Biblioteek se tuisblad vergemaklik besprekings.
Kontak jou
Fakulteitsbibliotekaris of
Navorsingsruimtepersoneel vir meer inligting oor ons navorsingsdienste.