Title
Titel
PageContent
​Quality assurance permeates all our activities at the Library and Information Service of Stellenbosch University. To drive our quality assurance initiatives, the Library has a Quality Assurance Committee (QAC).​

Purpose of the QAC

The purpose of the QAC is to develop and implement appropriate procedures for assuring, monitoring, maintaining and improving standards of library services and facilities, in alignment with the Library and Information Service's strategic directions and Stellenbosch University's quality office.

Goals and Objectives

The objectives are to:

  • have knowledge of and implement the quality assurance policy of the University as well as to align the Library's strategic focus areas to the framework of the University
  • coordinate all quality assurance projects of the Library, e.g. LibQUAL, UX (user experience) activities, external and internal evaluations, focus groups
  • benchmark with national and international university libraries (e.g. through submission of the CHELSA national statistics)
  • coordinate all management information and the updating of statistics gathered by the Library
  • report and visualise Library statistics
  • facilitate continuous improvement of Library services and facilities
  • ensure accountability for all Library activities related to quality assurance.

Quality Assurance Tools​

The following tools are used by the Library to ensure quality assurance:

Self-evaluation and peer review​​
The Library and Information Service underwent a self-evaluation and peer review in 2022, the fourth which the Library has undergone. Previous reviews were undertaken in 2013, 2008 and 2005.

In 2022, 18 recommendations were made by the peer reviewers and these were developed by the Library into an action plan spanning two years.

The Library is working on the actions to which it committed and will prepare a follow-up report on progress regarding the recommendations. The report will be submitted to the University's Quality Committee at the end of October 2024.

​User Feedback
The Library values receiving feedback from users regarding their experience of library services. Please let us know what has worked well for you and where we need to improve. Give your feedback here.

LibQUAL
The Library has used LibQUAL, an internationally accredited online survey tool to determine clients' satisfaction with library services. LibQUAL also enables benchmarking with libraries worldwide. LibQUAL surveys were conducted in 2021, 2016, 2012, 2008 and 2005.

Other surveys and focus groups
The Library also conducts other surveys. We determined the needs, experiences and challenges of users in using our online services and resources in 2020, during the Covid period. Focus groups too are conducted. In 2019, the Library investigated attitudes and perceptions regarding our research support services with researchers and postgraduates. A survey will be conducted in 2024 on the space use and diversity of users using the Library.

UX Methods
The Library has identified various UX (user experience) research methods that can be used to better understand our users. An example is cognitive mapping. These complement the findings of surveys.

Quality Assurance Framework
The Library's Quality Assurance Framework, depicted below, is called PIRII. PIRII stands for Plan, Implement, Review, Improve and Impact.  The framework is based on a principle of an overarching cycle of continuous improvement and impact. A second important principle is valuing the involvement of our users as stakeholders in quality improvement.

The PIRII Framework can be used by individuals, teams, committees, divisions, branches and as one Library. PIRII can thus be applied at an individual, operational and strategic level. A culture of continuous improvement and impact, 'ingrained' in everyday practice, is an outcome

PIRII improves on the previous framework (PIRI) that the Library used for some years. The addition of the final Impact step explicitly addresses monitoring and impact of processes.



Figure 1:  The PIRII Quality Assurance Framework of the Library and Information Service, Stellenbosch University


Useful links


Bladsy Inhoud
​Gehalteversekering vloe​​i deur al die aktiwiteite van die Biblioteek- en Inligtingsdiens (die Biblioteek) van die Universiteit Stellenbosch. Die Gehalteversekeringskomitee gee rigting aan die Biblioteek se gehalteversekeringsinisiatiewe.​

Doel van Gehalteversekeringskomitee

Die doel van die Gehalteversekeringskomitee is die ontwikkeling van toepaslike prosedures wat die standaarde van biblioteekdienste en –fasiliteite kan moniteer, handhaaf en verbeter. Dit moet geskied in ooreenstemming met die Biblioteek- en Inligtingsdiens se strategiese rigtings en die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.

Doelwitte en oogmerke

Die doelwitte van die Komitee is:

  • om kennis te hê van die gehalteversekeringsbeleid van die Universiteit en om die Biblioteek se strategiese fokusareas te belyn met die raamwerk van die Universiteit;
  • om alle gehalteversekeringsprojekte van die Biblioteek te koördineer, bv. LibQUAL, UX-aktiwiteite (gebruikerservaring), eksterne en interne evaluering en fokusgroepe;
  • om normstelling en vergelyking met nasionale en internasionale universiteitsbiblioteke te onderneem, bv met die CHELSA nasionale statistiek;
  • om alle bestuursinligting te koördineer en om statistiek wat deur die Biblioteek versamel word, op datum te hou;
  • om verslag te doen oor biblioteekstatistiek en dit te visualiseer;
  • om deurlopende verbetering van biblioteekdienste en -fasiliteite te fasiliteer; en
  • om aanspreeklikheid vir alle biblioteekaktiwiteite wat gehalteverskering raak, te verseker.

Gehalteversekeringshulpmiddele

Die volgende hulpmiddele word deur die Biblioteek gebruik om gehalte te verseker:

Selfevaluering en evaluering
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2022 'n selfevalueringsondersoek sowel as ewekniebeoordeling ondergaan. Dit was die vierde ondersoek wat die Biblioteek ondergaan, met die voriges in 2013, 2008 en 2005.

Die ewekniebeoordelaars van 2022 se 18 aanbevelings is deur die Biblioteek in 'n aksieplan ontwikkel wat oor die bestek van twee jaar geïmplementeer sal word.

Die Biblioteek werk aan hierdie aksies en sal in Oktober 2024 aan die Universiteit se Gehalteversekeringskomitee verslag doen oor die vordering wat met die aanbevelings gemaak is. ​​

Terugvoer van Kliënte
Die Biblioteek heg groot waarde aan die terugvoer wat van kliënte ontvang word aangaande hulle ervaring van die Biblioteek se dienste. Laat ons asseblief weet wat in die verlede vir u goed gewerk het en waar ons nodig het om te verbeter. Gee u terugvoer hier.

LibQUAL
Die Biblioteek gebruik LibQUAL, 'n internasionaal erkende aanlyn hulpmiddel om kliënte se tevredenheid met biblioteekdienste te bepaal. LibQUAL kan ook gebruik word om die Biblioteek te vergelyk met biblioteke wêreldwyd. LibQUAL opnames is in 2021, 2016, 2012, 2008 en 2005 onderneem.

Ander opnames en fokusgroepe
Die Biblioteek onderneem ook ander opnames. In 2020 was ons doel om vas te stel wat ons kliënte se behoeftes, ervaring en uitdagings ten opsigte van die gebruik van ons aanlyn dienste en hulpbronne gedurende die Covid tydperk was. In 2019 is fokusgroepe gebruik om navorsers en nagraadse studente se ingesteldheid ten opsigte van ons navorsingsteundienste te ondersoek. In 2024 gaan 'n opname gedoen word oor die gebruik van biblioteekruimtes en oor die diversiteit van biblioteekgebruikers.

UX Metodes
Die Biblioteek het verskeie UX (gebruikerservaring) navorsingsmetodes (bv kognitiewe kartering) wat gebruik kan word om ons gebruikers beter te verstaan en om die bevindings van opnames aan te vul.

Gehalteversekeringsraamwerk
Die Biblioteek se gehalteversekeringsraamwerk, hieronder diagrammaties uitgebeeld, word PIRII genoem. PIRII staan vir Plan, Implement, Review, Improve en Impact (Beplan, Implementeer, Hersien, Verbeter en Impak) en is gebaseer op 'n beginsel van 'n oorkoepelende siklus van deurlopende verbetering en impak. 'n Verdere beginsel waarop die raamwerk gebaseer is, is dat waarde geheg word aan die betrokkenheid van biblioteekkliënte, as belanghebbendes in die verbetering van gehalte.

Die gehalteversekeringsraamwerk kan deur individue, groepe, komitees, afdelings, takke en die Biblioteek as geheel gebruik word en kan op individuele, operasionele en strategiese vlak toegepas word. Gevolglik is 'n kultuur van deurlopende verbetering en impak in elkeen se dagtaak ingebed.

PIRII verbeter op die vorige raamwerk (PIRI) wat die Biblioteek vir etlike jare gebruik het. Die byvoeging van die finale stap van Impak spreek uitdruklik die monitering en impak van prosesse aan.​


Figuur 1:  Die PIRII Gehalteversekeringsraamwerk van die Biblioteek- en Inligtingsdiens, Universiteit Stellenbosch

Nuttige skakels


    Approval Status Approved
    Attachments
    Content Type: sunpagecontent