-
Biblioteekrekenaars mag slegs vir akademiese doeleindes gedurende spitstye gebruik word. Indien nie, kan jy gevra word om af te teken wanneer ‘n tou besig is om te vorm.
- Die Universiteit Stellenbosch se
Elektroniese Kommunikasiebeleid (EKB) moet te alle tye nagekom word.
- Vra vir ‘n 10 minute-kennisgewing as jy jou werk op die rekenaar tydelik onbewaak moet laat.
- Meld aan by die inligtingsdienspunt indien jy vir langer as 5 minute in ‘n tou staan en wag vir ‘n rekenaar.
- Groepwerk in die vorm van besprekings, probleemoplossing- en dinkskrumsessies, en aanbiedingsaktiwiteite word in die gesprekskamers en groepwerkarea toegelaat.
- Gooi rommel op ‘n verantwoordelike manier weg.
- Rapporteer misbruik/beskadiging van die fasiliteit aan die personeel van die Leersentrum.
- Respekteer die omgewing en ander gebruikers van die fasiliteit te alle tye.
| -
Eetgoed word nie in die Leersentrum toegelaat nie. Drinkgoed is ook nie toelaatbaar nie, behalwe water in morsvrye houers.
-
Waardevolle besittings moet nie onbewaak gelaat word nie.
- Geen kliënte mag in die Leersentrum agterbly ná sluitingstyd of wanneer hulle versoek word om die Leerssentrum te verlaat tydens noodsituasies of ontruimingsoefeninge nie.
- Die opsetlike beskadiging, vernietiging of diefstal van ander se besittings is ‘n misdaad.
|