Die Leersentrum bied ’n innoverende en stimulerende leeromgewing en is ‘n dinamiese uitbreiding van die klaskamer in die Biblioteek. Die Leersentrum ondersteun die Universiteit se toewyding aan studentesukses. Met die slagspreuk '
BE A SMART MATIE – ASK!' wil ons studente aanmoedig om vir hulp te vra wanneer hulle bystand met inligtingsnavrae vir hul take en projekte benodig, maar met dien verstande dat hulle ook sal leer om hulself te help en daardeur hulself te bemagtig.
Waar vind jy ons?
Universiteit Stellenbosch Biblioteek, boonste vlak.
Wie kan dit gebruik?
Die fasiliteit is gereserveer vir geregistreerde studente en personeellede van die Universiteit en toegang tot die fasiliteit word beheer. ‘n Studente-/personeelkaart van die Universiteit word benodig vir toegang tot die Leersentrum.
Wanneer is dit oop vir gebruik?
Die Leersentrum is oop vir gebruik en word beman gedurende alle
diensure van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek.
Personeel & bystand
Biblioteekpersoneel en studente-assistente beman die Leersentrum vanaf 8:00 tot 16:30, Maandag tot Vrydag. Ná 16:30 op weeksdae (Maandag-Donderdag tot 21:00), asook op Saterdae, word die Leersentrum slegs deur studente-assistente beman.
Terugvoering & klagtes
Ons poog om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Jou opinie is vir ons belangrik en ons verwelkom enige voorstelle om ons diens te verbeter. Praat direk met ‘n personeellid of stuur kommentaar deur van die
terugvoervorm
gebruik te maak.