Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het 'n aansienlike versameling seldsame en waardevolle boeke, dokumente, manuskripte en ander materiaal oor baie jare deur middel van bemakings, donasies en aankope bekom. Spesiale Versamelings is op die boonste vlak van die Universiteit Stellenbosch Biblioteek, die sentrale biblioteek van die Biblioteek- en Inligtingsdiens, geleë (kantoorure Ma-Vry 8h00-16h30; gesluit op Saterdae).
Hierdie afdeling van die biblioteek se hoofdoel is die versameling en bewaring van seldsame materiaal, om dit aan kliënte beskikbaar te stel en vir die nageslag te bewaar. Die afdeling bestaan uit drie onderafdelings, naamlik die
Dokumentesentrum,
Africana en
Beskermde Versamelings. Elkeen van hierdie afdelings verskaf 'n gespesialiseerde diens en konsentreer op spesifieke belangstellingsvelde.
Waar is dit?
Ure
Maandag - Vrydag: 08:00-16:30
Saterdag: Gesluit
Spesiale Versamelings is gesluit op alle openbare vakansiedae en tussen Kersfees en Nuwejaar.
Kontak ons
Hoof: Spesiale Versamelings
Tel: +27 21 808 4930
Africana, Dokumentesentrum, Beskermde Versameling
Tel: +27 21 808 4885
Tel: +27 21 808 4881
Tel: +27 21 808 4012
Tel: +27 21 808 4930