Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het ooreenkomste met ‘n paar uitgewers aangegaan wat dit vir navorsers makliker maak om ooptoegangartikels by hierdie uitgewers te publiseer, en in sommige gevalle selfs sonder om enige publikasiefooie te betaal. Baie van hierdie ooreenkomste is deur
SANLiC (die Suid-Afrikaanse Nasionale Biblioteek- en Inligtingskonsortium), waarvan Universiteit Stellenbosch (US) ’n lid is, onderhandel.
SANLiC is ’n konsortium sonder winsbejag van Suider-Afrikaanse akademiese biblioteke wat namens hul lede die koste-effektiewe aankoop van en toegang tot inligtingsbronne onderhandel.
Association for Computing Machinery (ACM)Die Biblioteek se ooreenkoms met ACM laat US-outeurs toe om sonder enige koste hul artikels met oop toegang by ACM te publiseer. Outeurs kan wel kies om nie van die ooptoegangopsie gebruik te maak nie.
Cambridge University Press (CUP)Die Biblioteek se Read and Publish-ooreenkoms met CUP dek ooptoegangpublikasiefooie. Dit maak dit moontlik vir alle US-outeurs om artikels met oop toegang in
CUP-tydskrifte te publiseer sonder enige ekstra koste. Outeurs moet hulle @sun.ac.za e-posadres gebruik wanneer hulle ’n artikel by ’n CUP ooptoegangtydskrif indien.
EmeraldDie Biblioteek se ooreenkoms met Emerald laat US-outeurs toe om sonder enige koste ’n beperkte aantal artikels met oop toegang te publiseer in die
Emerald titels waarop die US inteken. Die beperking op die aantal artikels is op Suid-Afrika as geheel van toepassing en aansoeke sal hanteer word in order van ontvangs.
Institution of Mechanical Engineers (IMechE) tydskrifte op die SAGE platform
Die Read and Publish ooreenkoms met SAGE laat US-outeurs toe om ’n onbeperkte aantal artikels met oop toegang in die IMechE tydskrifte te publiseer. Die
versameling sluit die Proceedings of the Institution of Mechanical Engineers in, sowel as twee ander eweknie-beoordeelde ingenieurstydskrifte.
MDPIUS-outeurs wat by MDPI publiseer, sal ’n afslag van 10% op die publikasiekoste kry.
Royal Society of Chemistry (RSC)US-outeurs kry 15% afslag op RSC se ooptoegangpublikasiekoste. Die eerste vier artikels wat per jaar deur enige US outeur by RSC ingedien word, sal gratis gepubliseer word.
SAGEOns ooreenkoms met SAGE maak dit vir US-outeurs moontlik om 'n onbeperkte aantal artikels gratis met oop toegang in SAGE se hibriede titels (
SAGE Choice) te publiseer. US-outeurs wat in SAGE se lys van
Pure Gold Open Access Journals publiseer, sal 'n afslag van 20% op die publikasiekoste kry. Daar is ’n beperkte aantal uitsonderings waar SAGE kontraktueel verhoed word om hierdie afslag aan te bied.
SCOAP³SCOAP³ (Sponsoring Consortium for Open Access Publishing in Particle Physics) is ’n wêreldwye vennootskap tussen biblioteke, nasionale befondsingsagentskappe en navorsingsinstansies in 47 lande, sowel as drie tussenregeringsorganisasies.
SCOAP³ skakel subskripsietydskrifte op die gebied van hoë-energie fisika (deeltjiefisika) om na oop toegang deur die heraanwending van subskripsiefondse. Die vennootskap maak dit vir US-outeurs moontlik om gratis in hierdie tydskrifte te publiseer.
Die
SCOAP³ tydskrifte kan
hier gevind word.
SpringerNature en BioMed Central (BMC) Die Biblioteek gaan voort om die Universiteit se depositorekening by Springer Nature (wat ook die eienaars van BMC is) te administreer. Dit maak dit vir US-navorsers moontlik om ooptoegangartikels by BMC, Springer Open, Nature Open en Palgrave Macmillan Open in te dien sonder om vóór publikasie outeursfooie aan Springer Nature te betaal. Navorsers wat artikels teen die Universiteit se depositorekening by Springer Nature indien, sal 15% afslag op die publikasiefooie van die BMC, Springer Open en Palgrave Macmillan Open titels kry. Die Universiteit se depositorekening mag ook vir Nature Open titels gebruik word, maar geen afslag is hier van toepassing nie. Daar word van navorsers verwag word om ná publikasie 100% van hierdie outeursfooie, plus 15% BTW, aan die Biblioteek terug te betaal. Deur ’n artikel by Springer Nature teen die Universiteit se depositorekening in te dien, stem die navorser in om die volle koste aan die Biblioteek terug te betaal. Die Biblioteek sal die terugbetaling van die navorser terugeis wanneer Springer Nature ons laat weet dat sodanige artikel gepubliseer is. (Randwaarde bereken teen die wisselkoers op die dag waarop die terugbetaling geëis word.)
WileyDie Wiley/SANLiC ooreenkoms vir 2022-2025 is ’n Read and Publish ooreenkoms wat gedurende hierdie tydperk ingefaseer sal word. In 2022 mag US-outeurs slegs in Wiley se hibriede tydskrifte gratis met oop toegang publiseer. Daar is ’n beperking op die aantal artikels wat gratis gepubliseer kan word vir al die deelnemende SANLiC lede op die beginsel van eerste kom, eerste gehelp. Vanaf 2023 sal die Wiley Gold ooptoegangtydskrifte en die Hindawi tydskrifte ingesluit word. Die ooreenkoms kan
hier gelees word.
Navrae: Caretha Nel, Bestuurder: Elektroniese bronne | Tel: +27 21 808 4433