FREDERICK VAN ZYL
SLABBERT COLLECTION Sien Afrikaans onder
The Library and Information Service is now
officially the custodian of the Frederik Van Zyl Slabbert manuscript
collection. The Manuscripts Section in the JS Gericke Library received
this unique documentary heritage in April this year. The good news was
announced at the third annual Van Zyl Slabbert honorary lecture which is
held annually by the Frederik Van Zyl Slabbert Institute for Student
Leadership Development.
The collection consists mainly of correspondence, speeches, articles,
manuscripts and diaries of Van Zyl Slabbert. Staff members are currently
sorting the collection and a complete catalogue and index to the
collection will eventually be compiled. Possible future digitisation of
the collection, in order to make it accessible to a wider research
community, will also be considered.
The Frederik Van Zyl Slabbert collection is a very important addition to
collections currently held by the Manuscripts Section. These collections
include South African political and socio-economical history as major
focus areas. According to Ms. Ellen Tise, Senior Director: Library and
Information Service “the real value of the collection, however, lies in
the fact that it is, in essence, someone’s life on paper. A very
extraordinary someone in this case - his thoughts on paper, what he
stood for in his time. Providing access to these thoughts and life can
spark new thinking, give rise to new research, which could ultimately
have an effect on our society today and in future”.
Mimi Seyffert
Back to contents page
FREDERICK VAN ZYL SLABBERT
VERSAMELING
Die Biblioteek- en
Inligtingsdiens is nou amptelik die kurator van die Frederik Van Zyl
Slabbert dokumentversameling. Die Dokumentesentrum in die JS Gericke
Biiblioteek het in April vanjaar die grootste deel van hierdie besondere
dokumentêre nalatenskap in ontvangs geneem en dié goeie nuus is vanjaar
tydens die 3de jaarlikse Frederik Van Zyl Slabbert-erelesing, aangebied
deur die Frederik Van Zyl Slabbert Instituut vir
Studenteleierskapsontwikkeling, bekendgemaak.
Die versameling bestaan grootliks uit korrespondensie, toesprake,
artikels, manuskripte en dagboeke van Van Zyl Slabbert. Personeel is
tans besig om die versameling te sorteer en ‘n volledige katalogus en
indeks van die versameling sal uiteindelik opgestel word. Daar sal ook
gekyk word na die moontlike toekomstige digitalisering van die
versameling om dit vir ‘n wyer navorsingsgemeenskap beskikbaar te stel.
Die Frederik Van Zyl Slabbert versameling is ‘n uiters belangrike
toevoeging tot die Dokumentesentrum se bestaande versamelings waar van
die vernaamste fokusareas Suid-Afrikaanse politieke en sosio-ekonomiese
geskiedenis insluit. Volgens Me Ellen Tise, Senior Direkteur:
Biblioteek- en Inligtingsdiens, lê die groot waarde van die versameling
egter in die feit dat dit iemand se lewe op papier weerspieël. In
hierdie geval, ‘n besondere individu – sy gedagtes op papier, en dit
waarvoor hy in sy tyd gestaan het. Toegang tot hierdie gedagtes en lewe
kan nuwe denke aanvuur en aanleiding gee tot nuwe navorsing wat eindelik
dan ook ‘n uitwerking op ons samelewing vandag en in die toekoms kan hê.
Mimi Seyffert
Terug na
Inhoudsopgawe |