U
word vriendelik uitgenooi na die volgende twee aanbiedings ter viering van
Internasionale Ooptoegangweek.
Titel van aanbieding: Voordele van
oop toegang en die Ooptoegangpublikasiefonds
Datum: Maandag
23 Oktober 2017
Tyd: 14:00-15:00
Lokaal: Lokaal 0038, Kliniese-gebou,
Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Tygerberg kampus
Aanbieders: Naomi Visser en Mimi Seyffert-Wirth
RSVP: Bespreek asb hier
Hierdie
aanbieding sal die potensiële voordele van ooptoegangpublikasie uitlig en
aandag gee aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens se ooptoeganginisiatiewe in
die algemeen en die Ooptoegangpublikasiefonds in die besonder.
Die
praatjie vorm deel van die Biblioteek se jaarlikse viering van Internasionale
Ooptoegangweek.
Uitkoms: Om ingelig te wees oor die potensiële voordele van ooptoegangpublikasie; bewustheid van die Ooptoegangpublikasiefonds; begrip van die bepalings en voorwaardes en bestuur van die Ooptoegangpublikasiefonds.
**********************************************************************
Etensuurpraatjie: Internasionale Ooptoegangweek
Titel: “I put my
journal behind a paywall, so why am I talking to you about Open Access?”
Datum:
Dinsdag 24 Oktober 2017
Tyd: 12:30-13:30
Lokaal:
Personeelkamer, Universiteit Stellenbosch Biblioteek, Stellenbosch kampus
Aanbieder: Dr John Measey, Senior
Navorser, Sentrum vir Indringerbiologie (SIB), Universiteit Stellenbosch
RSVP:
Bespreek asb hier
Dr
Measey publiseer dikwels in ooptoegangpublikasies. Hy sal klem lê op die
voordele en die impak van hierdie tipe publikasie, maar ook ’n kort oorsig gee
van sy navorsingsloopbaan.