OUR FIRST DIGITAL FAIR! Sien Afrikaans onder
The first Library
Digital Fair took place on Friday 25 July. The aim of the fair was to
introduce Stellenbosch University students and staff to the cutting-edge
electronic resources that are available to them via the Library, whether
it is on or off campus.
The Digital Fair had
three components. Firstly, in the electronic classroom of the JS Gericke
Library, Library staff introduced various electronic sources, services
as well as and facilities which can enhance students and staff’s
research, teaching and learning. Examples of these are: JoVE, the
world’s first peer-reviewed video journal;video conferencing with
Polycom and Virtual Meeting Rooms; digital conference management and the
classroom management software, SyncTeacher.
Secondly, there was the “fair” itself, which consisted of kiosks and
displays which students and staff could visit throughout the day.
Vendors such as Elsevier (ScienceDirect and Scopus), Thomson Reuters
(Web of Science), InetBFA, Ebsco, LexisNexis and Juta had stalls where
they showcased access to and use of their databases, e-journals and
e-books on mobile devices. Vendor representatives had a busy day
answering student and staff questions.
The Library undertook a mobile website survey as part of a web usability
study, which also took place during the Digital Fair. A surprising total
of 149 respondents completed the survey.
Students and staff who
visited the kiosks received a voucher for a free coffee and doughnut at
DCM in the Neelsie Student Centre. A lucky draw took place with a number
of prizes up for grabs. Rufina Chukwmalume won a R250 voucher from
Protea Bookshop, Thala Msutu a R250 voucher for Java Café, Alexander
Lotz a R250 voucher for JayJays and Kay-Lee Lewis a R250 voucher for
Birdcage.
All in all the first Library Digital Fair was a definite success and the
Library and Information Service would like to build on it in future.
Back to contents page
ONS EERSTE DIGITALE FEES!
Die eerste Biblioteek
Digitale Fees is aangebied op Vrydag 25 Julie. Die doel van die fees was
om studente en personeel van die Universiteit Stellenbosch bekend te
stel aan elektroniese bronne aan die voorpunt van ontwikkeling wat via
die Biblioteek tot hul beskikking is – op en weg van die kampus.
Die Digitale Fees het
uit drie komponente bestaan. Eerstens het die Biblioteekpersoneel kort,
inleidende aanbiedings oor verskeie elektroniese bronne en dienste in
die elektroniese klaskamer van die JS Gericke Biblioteek gedoen.
Digitale bronne en fasiliteite, wat tot voordeel van studente en
personeel se navorsing, leer en onderrig aangewend kan word, is
bekendgestel. Voorbeelde hiervan is: JoVE, die wêreld se eerste
eweknie-beoordeelde videotydskrif;
videokonferensie met Polycom; digitale konferensiebestuur en die
klaskamerbestuursagteware, SyncTeacher.
Tweedens was daar die
"fees" self, wat bestaan het uit kiosks en uitstallings wat deur enige
student en personeellid besoek kon word. Verskaffers soos Elsevier
(ScienceDirect en Scopus), Thomson Reuters (Web of Science), InetBFA,
Ebsco, LexisNexis en Juta het stalletjies gehad waar hulle hul
databasisse, e-tydskrifte en e-boeke op mobiele toestelle kon
tentoonstel. Verteenwoordigers van die verskaffers het 'n besige dag
gehad om vrae van studente en personeel wat hul stalletjies besoek het,
te beantwoord.
As deel van ‘n
gebruikerstudie, het die Biblioteek- en Inligtingsdiens 'n
meningsopname oor hul mobiele webblad gedoen. Dit het ook tydens die
Digitale Fees plaasgevind. 'n Verrassende totaal van 149 respondente het
aan die opname deelgeneem.
Besoekers aan die
stalletjies het 'n geskenkbewys vir ‘n koffie en doughnut by DCM
in die Neelsie Studentesentrum ontvang. 'n Gelukkige prystrekking is
gedoen en daar was ‘n aantal pryse op die spel. Rufina Chukwmalume het
'n R250 geskenkbewys van Protea Boekwinkel gewen, Thala Msutu 'n R250
geskenkbewys van Java Café, Alexander Lotz 'n R250 geskenkbewys van
JayJays en Kay-Lee Lewis 'n R250 geskenkbewys van Birdcage.
Alles in ag genome was
die eerste Biblioteek Digitale Fees 'n groot sukses en die Biblioteek-
en Inligtingsdiens sal graag daarop wil voortbou.
Terug na
Inhoudsopgawe
|