Title
Titel
PageContent

Purpose

The purpose of the Committee for Quality Assurance (QA) is to develop and implement appropriate procedures for assuring, monitoring, maintaining and improving standards of library services and facilities, in alignment with the Library and Information Service's strategic directions and Stellenbosch University's Quality Assurance Office.

Goals and Objectives

  • To have knowledge of the Quality Assurance Policy of the University and align the Library’s strategic focus areas according to the framework of the University;
  • To coordinate all quality assurance projects of the Library, i.e. LibQUAL and other UX (user experience) activities, external evaluations, focus groups;
  • To benchmark with national and international university libraries (i.e. CHELSA national statistics);
  • To coordinate all management information and the updating of statistics gathered by the Library and to report on these (as listed on the Combined Statistics List on SharePoint), twice a year;
  • To facilitate continuous improvement of Library services and facilities;
  • To ensure accountability for all Library activities related to quality assurance.

Quality Assurance Tools​

The following tools are used by the Library to ensure Quality Assurance:

Self-evaluation and peer review

The Library and Information Service underwent a self-evaluation and peer review, both in 2013.

The recommendations of the external review were noted (May 2014).  Four key improvement plans were recommended for the following two-year period. In essence these were:
  1. The development of a 2030 vision, mission and strategic plan for the Library;
  2. Acquiring institutional funding for the repurposing of spaces in the libraries;
  3. The development of an IT plan; and
  4. Acquiring additional institutional funding to build capacity and expertise to develop services.
A follow-up report, on progress regarding the four key improvement plans, was prepared in September 2015 and submitted to the University's Quality Assurance Committee.

The Library is undergoing a Self-evaluation and peer review in 2022.

User Feedback

The Library values receiving feedback from users regarding their experience of library services. Please let us know what has worked well for you and where we need to improve. Give your feedback here.

Quality Assurance Framework

The Library's Quality Assurance Framework, depicted below, is based on a principle of an overarching cycle of continuous improvement (Plan, Implement, Review, Improve). A further principle on which the framework is based is valuing the involvement of the users served by the library as stakeholders in quality improvement.
The quality framework continues to be applied throughout the library from strategic action level, to operational level, to the tasks of individual staff members. A culture of continuous improvement, 'ingrained' in everyday practice, is an outcome. 


Useful links


Bladsy Inhoud

Doel

Die doel van die Komitee vir Gehalteversekering (QA) is die ontwikkeling van toepaslike prosedures wat die standaarde van biblioteekdienste en –fasiliteite kan moniteer, handhaaf en verbeter. Dit moet geskied in ooreenstemming met die Biblioteek- en Inligtingsdiens se strategiese rigtings en die Universiteit Stellenbosch se Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.

Doelwitte en oogmerke

  • Om kennis te hê van die gehalteversekeringsbeleid van die Universiteit en om die Biblioteek se strategiese fokusareas te belyn met die raamwerk van die Universiteit;
  • Om alle gehalteversekeringsprojekte van die Biblioteek, bv. LibQUAL en ander opnames, eksterne evaluering, fokusgroepe, te koördineer;
  • Om normstelling en -vergelyking teenoor nasionale en internasionale universiteitsbiblioteke te onderneem, soos bv met die CHELSA nasionale statistiek​;
  • Om alle bestuursinligting en -statistiek wat deur die Biblioteek versamel word,  te koördineer;
  • Om deurlopende verbetering van biblioteekdienste en -fasiliteite te fasiliteer; en
  • Om aanspreeklikheid vir alle biblioteekaktiwiteite wat gehalteverskering raak, te verseker.

Gehalteversekeringshulpmiddele

Die volgende hulpmiddele word deur die Biblioteek gebruik om gehalte te verseker:

Selfevaluering en evaluering

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het in 2013 beide ‘n selfevalueringsondersoek en evaluering ondergaan.
 
Daar is kennis geneem van die aanbevelings van die Eksterne Evalueringspaneel (Mei 2014). Vier kernverbeteringsplanne vir die daaropvolgende tweejaarperiode is aanbeveel. Die kern hiervan is:
  1. Die ontwikkeling van ‘n 2030 visie, missie en strategiese plan vir die Biblioteek;
  2. Die verkryging van institusionele befondsing vir die herontwikkeling van biblioteekruimtes;
  3. Die ontwikkeling van ‘n IT-plan;
  4. Die verkryging van addisionele institusionelele befondsing om kapasiteit en kundigheid uit te brei ten einde dienste te ontwikkel.
‘n Opvolgverslag oor die vordering met die vier kernverbeterings is in September 2015 opgestel en aan die Universiteit se Gehalteversekeringskomitee voorgelê.


Terugvoer van kliënte

Die Biblioteek heg groot waarde aan die terugvoer wat van kliënte ontvang word aangaande hulle ervaring van die Biblioteek se dienste. Laat ons asseblief weet wat in die verlede vir u goed gewerk het en waar ons nodig het om te verbeter. Gee u terugvoer hier.

Die Biblioteek ondergaan in 2022 ‘n proses van selfevaluering en ewekniebeoordeling.


Gehalteversekeringsraamwerk

Die Biblioteek se gehalteversekeringsraamwerk, hieronder diagrammaties voorgestel, is gebaseer op ‘n beginsel van ‘n oorkoepelende siklus van deurlopende verbetering (Beplan, Implementeer, Hersien, Verbeter). ‘n Verdere beginsel waarop die raamwerk gebaseer is, is dat waarde geheg word aan die betrokkenheid van biblioteekkliënte, as belanghebbendes in die verbetering van gehalte.
Die gehalteversekeringsraamwerk is regdeur die Biblioteek toegepas, vanaf strategiese tot operasionele vlak, en verder tot by die take van individuele personeellede. Gevolglik is ‘n kultuur van deurlopende verbetering in elkeen se dagtaak ingebed.
 
Approval Status Approved
Attachments
Content Type: sunpagecontent