Title
Titel
PageContent

Medicine and Health Sciences Library

The Medicine and Health Sciences Library, previously known as the Medical Library and Tygerberg Campus Library, came into existence in 1957 with a humble collection of about 3 000 volumes of books and bound periodicals and 200 current periodical titles and was situated in a few small back rooms of the Karl Bremer Hospital in Bellville.

With the establishment of the Faculties of Medicine and Dentistry (now known as the Faculty of Medicine and Health Sciences), as well as the University teaching hospital in Tygerberg, the library was also moved to the Tygerberg campus.

Over the years the library underwent various transformations and moved several times. Since 1987 re-planning of the available space has resulted in maximum utilisation of user and office areas, and information services to teaching staff and students have been extended considerably.

In 2005 the Dentistry faculties of Stellenbosch University and the University of Western Cape (UWC) amalgamated, and all dentistry resources were moved to the UWC Dentistry Faculty Library, situated on the Tygerberg campus.

During 2017 the Medicine and Health Sciences Library moved to a temporary space in the basement of the Teaching building to allow the current space to be refurbished to suit changing client needs. The new library will become operational and re-open towards the end of January 2018.


Music Library

The teaching of music in Stellenbosch made great strides in the latter part of the nineteenth century and in 1900 it was felt that a central school of music should be founded. This led to the establishment of the “South African Conservatorium of Music”, the first of its kind in South Africa, in 1905.

The initial small collection of books only became a library when the Conservatorium was incorporated into the Stellenbosch University and became a department of the Faculty of Arts in 1934. In the beginning the library merely occupied a few shelves in the office of the then head of the Conservatorium, Prof Maria Fismer. Later a separate room was made available to house the growing collection consisting of a number of 78-speed records, a book catalogue and about 200 books donated to the University by the Carnegie Corporation of New York.

Between 1961 and 1964 the first two staff members were appointed and the task of creating order in the existing collection as well as in the numerous bequests commenced. Since then the Music Library has developed into one of the largest academic music libraries in the country with a well-appointed collection of various printed and audio-visual media in the subject field.

Music Library: Documentation Centre for Music (DOMUS)

DOMUS was founded at Stellenbosch University in 2005 as an initiative aimed at researching and conserving South Africa's rich musical heritage. The first Special Collections Librarian was appointed in August to sort the collection of conductor-composer Albert Coates, donated by Vera de Villiers (wife of Albert Coates), in 1957. Since then, DOMUS has acquired some of the most important archives of individuals and institutions pertaining to South African music, and postgraduate studies, research, conference presentations and projects based on materials located in DOMUS became more frequent.


Theology Library

The Theology Library, previously known as the Seminary Library, is not only the oldest branch library, but also the oldest library on campus. Since its establishment in 1859, the Theological Seminary was fortunate in being the recipient of valuable book donations from a variety of eminent theologians, ministers of the Dutch Reformed Church and members of the public. The Church gave the Seminary its support from the start and even before the Seminary was instituted, the Synod resolved to collect money for establishing a library. This support continues to this day.

In 1963 the Theological Seminary was incorporated into the Stellenbosch University as the Faculty of Theology. With this incorporation the then University Library acquired a large collection of valuable theological literature which formed the basis of the Theology Library as it stands today. The wide spectrum covered in its collection acquired over a period of more than 100 years contributes greatly to the quality of the service being rendered to its clients.

Bladsy Inhoud

Musiekbiblioteek

Musiekonderrig in Stellenbosch het in die laaste deel van die negentiende eeu sterk vooruitgang getoon en in 1900 is besluit om 'n sentrale musiekskool te stig. Dit het gelei tot die stigting van die “South African Conservatorium of Music" in 1905, die eerste van sy soort in Suid-Afrika. Die aanvanklike klein versameling boeke het eers 'n biblioteek geword toe die Konservatorium in 1934 in die Universiteit Stellenbosch opgeneem is en 'n departement van die Lettere-fakulteit geword het  Aanvanklik het die biblioteek slegs 'n paar rakke in die kantoor van die hoof van die Konservatorium, prof Maria Fismer, beslaan. Later is 'n aparte lokaal beskibaar gestel om die groeiende versameling te huisves, wat bestaan het uit 'n aantal 78-spoed grammofoonplate, 'n boekkatalogus en omtrent 200 boeke wat deur die Carnegie Korporasie van New York aan die Universiteit geskenk is.

Tussen 1961 en 1964 is die eerste twee personeellede aangestel, en het die taak begin om orde te skep in die versameling asook die talryke bemakings. Sedertdien het die Musiekbiblioteek ontwikkel in een van die grootste akademiese musiekbiblioteke in die land, met 'n goed ontwikkelde versameling van verskeie gedrukte en oudiovisuele media in die vakgebied.

Musiekbiblioteek: Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS)

DOMUS is in 2005 gestig met die doel om navorsing op en bewaring van ons ryk musikale erfenis te bevorder. Die eerste Spesiale Versamelings Bibliotekaris is in Augustus aangestel om die versameling van die dirigent komponis Albert Coates, geskenk in 1957 deur sy eggenote Vera de Villiers, te verwerk. Sedertdien is van die belangrikste musiekargiewe van individue en instellings in DOMUS opgeneem en dien die versamelings as basis vir nagraadse studie, navorsing, kongresaanbiedinge en projekte.

Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek

Die Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek, voorheen bekend as die Mediese Biblioteek en die  Tygerbergkampusbiblioteek, het in 1957 ontstaan met 'n beskeie versameling van ongeveer 3 000 boeke en gebonde tydskrifte asook 200 lopende tydskriftitels. Dit was geleë in 'n paar klein agterkamertjies van die Karl Bremer Hospitaal in Bellville.

Met die stigting van die Fakulteite Geneeskunde en Tandheelkunde (nou bekend as die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe), asook die Universiteit se onderrighospitaal in Tygerberg, is die biblioteek ook verskuif na die Tygerbergkampus. Oor die jare het die biblioteek verskeie transformasies ondergaan en verskeie kere van perseel verander. Sedert 1987 het die herbeplanning van beskikbare ruimte gelei tot maksimum benutting van gebruikers- en kantoorareas. Inligtingsdienste aan onderrigpersoneel en studente is aansienlik uitgebrei. Die biblioteekversameling bestaan tans uit meer as 53 000 gedrukte volumes, 700 lopende tydskriftitels en 'n groot verskeidenheid oudiovisuele en elektroniese bronne. ​​
In 2005 het die Tandheelkunde fakulteite van Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) saamgesmelt en die Tandheelkunde-bronne is oorgeplaas na UWK se Mondheelkunde Biblioteek op Tygerbergkampus.

Gedurende 2017 is die biblioteek tydelik in die kelderverdieping van die Onderwysgebou gehuisves tydens die herinrigting van die biblioteek om aan te pas by veranderende kliëntebehoeftes. Die nuwe biblioteek sal teen einde Januarie 2018 heropen.

Teologie Biblioteek

Die Teologie Biblioteek, voorheen bekend as die Kweekskoolbiblioteek, is die oudste takbiblioteek, asook die oudste biblioteek op kampus. Sedert die stigting in 1859 was die Teologie Kweekskool gelukkig genoeg om waardevolle boekskenkings van 'n verskeidenheid hoogaangeskrewe teoloë, predikante van die Nederduits Gereformeerde Kerk en lede van die publiek te ontvang. Die Kerk het van die begin af ondersteuning aan die Kweekskool verleen en selfs voor die Kweekskool gestig is, was die Sinode van voorneme om geld in te samel vir die stigting van 'n biblioteek. Hierdie ondersteuning duur vandag steeds voort. 

In 1963 is die Teologie Kweekskool opgeneem in die Universiteit Stellenbosch as die Fakulteit Teologie. Met hierdie samesmelting het die destydse Universiteitsbiblioteek 'n groot versameling waardevolle teologiese literatuur bekom, wat die basis gevorm het vir die huidige Teologie Biblioteek. Die wye spektrum wat gedek word in die versameling wat oor 'n tydperk van meer as 100 jaar opgebou is, dra grootliks by tot die gehalte van die diens wat aan kliënte gebied word.
Approval Status Approved
Attachments
Content Type: sunpagecontent