Loer
tussen 16 en 20 Augustus @ die bib in
vir ‘n 15 minute
opleidingsessie
en leer als omtrent ons
e-tydskrifte
Individuele opleidingsessies van ongeveer 15 minute elk sal in die loop
van die week by ‘n opleidingstalletjie op die boonste vlak van die JS
Gericke Biblioteek aangebied word. Die stalletjie sal elke dag tussen
09:00 en 16:30 oop wees. Die opleiding is gratis en basiese
rekenaarvaardighede word vereis. Loer in soos dit jou pas!
Die opleiding is daarop gemik om jou aan die spektrum van die
Biblioteekdiens se elektroniese goed bekend te stel en om basiese
soekstrategieë te demonstreer. Ontdek die duisende elektroniese bronne in
die Biblioteek en jy sal nooit weer wil google nie!
Kyk hier vir meer inligting:
http://www.sun.ac.za/library/training/getwise.pdf of kontak Annemarie
Maritz by tel. X2743 of e-pos:
am1@sun.ac.za.
|