Ilse de Lange en Daléne Swanepoel van die
Bestelafdeling het op 18 en 19 Mei 2004 die 3rd
Southern African Library Acquisitions Conference by die WNNR in Pretoria
bygewoon. Ilse het ook 'n baie interessante referaat "Purchasing
non-trade and out of print material" by dié konferensie gelewer. |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/ilse.jpg)
Ilse de Lange
|
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/Dalene.jpg)
Daléne Swanepoel
|
Die Interest Group for Bibliographic Standards (IGBIS) het
van 26 tot 28 Julie 2004 in Pretoria die volgende
werkswinkel aangebied vir katalogiseerders: Advanced Workshop on Bibliographic
Standards: responding to changing needs. Vyf personeellede het die
werkswinkel bygewoon en Hannelie Lourens van
die Katalogiseerafdeling het 'n lesing voorberei oor elektroniese bronne vir die
sessie "Taking a closer look - Solving problems in AACR2 and MARC 21".
|
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/Hannelie.jpg)
Hannalie Lourens, Katalogiseerafdeling, JS Gericke
|
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/joy.jpg)
Joy Labuschagne, Katalogiseerafdeling, JS Gericke |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/kundra.jpg)
Kundra Krige, Tydskrifafdeling, JS Gericke |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/margaret.jpg)
Margaret Bergh, Katalogiseerafdeling, JS Gericke |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/susan.jpg)
Susan Trent, Musiekbiblioteek |
|
Melinda Heese, vakbibliotekaris vir regte, het die
volgende
konferensie bygewoon wat deur die Special Libraries and
Information services group (SLIS) en die Organization of South African Law
Libraries (OSALL) aangebied is: Izazi ze Afrika (Knowledge custodians of Africa): Innovating
services for the 21st century. Die konferensie is op 21 en 22 Julie 2004 by
die Sandton Convention
Centre aangebied. |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/melinda.jpg)
Melinda Heese
|
'n Slypskool, Skryfwerk vir Skakelwese, aangebied
tussen 28 en 30 Junie deur die Taalsentrum, is bygewoon deur Marié Roux,
Afdeling Beplanning en Bemarking. Die hoofaanbieder van
die slypskool was Dawid Botha en hy is bygestaan deur twee gasaanbieders Marcus
Brewster en Rika de Ruiter. |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/marie.jpg)
Marié Roux
|
Berta Els (Assistentdirekteur), Johan Mouton (Elektroniese
Bronnebestuur) en
Wouter Klapwijk (Stelselbibliotekaris) woon tussen 29 en 30 Julie die Open
Access Scholarly Communication Conference in Pretoria by. Wouter
Klapwijk doen 'n aanbieding oor die LOCKSS projek by dieselfde konferensie.
|
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/berta.jpg)
Berta Els |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/johanM.jpg)
Johan Mouton |
![](http://library.sun.ac.za/SiteAssets/bibnuus/2004-08/Images/wouter.jpg)
Wouter Klapwijk |
Wouter Klapwijk (Stelselbibliotekaris) woon in Junie 2004 saam met ander
CALICO-stelselbibliotekarisse die North American Aleph Users Group (NAAUG) en SFX/Metalib Users Group
(SMUG) konferensies in Boston,
Massachusetts in die VSA by. Die doel met die bywoning van die konferensies
was vir die stelselbibliotekarisse om:
- op hoogte te bly van die nuutste ontwikkelinge in die Aleph, SFX en
Metalib sagteware
- eerstehandse inligting te kry van die vervaardiger (Ex Libris) van die
stelselsagteware
- spesifiek te fokus op die funksionaliteit wat Aleph weergawe 16.02 bied
- inligting te kry oor hoe suksesvol al dan nie van die VSA universiteite se
oorgang na weergawe 16.02 was/is
- blootstelling te kry aan hoe Amerikaanse universiteite die Aleph-stelsel
bedryf
- te "netwerk" met die Amerikaanse kollegas
Die konferensies was beide waardevol en leersaam vir al die CALICO
afgevaardiges. |