Lidmaatskapkategorieë
Nie-betalende sekondêre kliënte
Hierdie kategorie sluit in:
Eggenotes van US-personeel
Geestelike leiers
Personeel van Paul Roos Gimnasium
Deeltydse musiekstudente van die Departement Musiek
Sertifikaatprogramstudente van die Departement Musiek
Musiekonderwysers by Stellenbosch-skole
Senior burgers, d.i. persone ouer as 60 jaar
Studieleiers van remediërende onderwysstudente
B.Ed. studente van Nasionale Kolleges (o.a. Lyceum Kollege)
Donateurs
Bewys van adres word vereis.
Betalende sekondêre kliënte
Uitleenvoorregte
Sekondêre kliënte mag 3 items uitneem vir 2 weke en dit twee maal hernu, tensy 'n ander kliënt die item bespreek het.
Boetes op boeke wat ná die vervaldatum terugbesorg word, is 50c per item per dag met 'n beperking van R20-00. Uitleenvoorregte sal opgehef word as hierdie grens oorskry word.
Items mag by enige biblioteek van die Biblioteek- en Inligtingdiens terugbesorg word.
Die vervangingswaarde van boeke wat verloor of beskadig word, moet aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens betaal word.
Uitleenbare materiaal
Alle biblioteekmateriaal kan uitgeneem word, behalwe tydskrifte, naslaanmateriaal, B.Th.-tesisse, Bybelkommentare, musiek- en klankopnames, musiekvideo's, langspeelplate,musiek CD's en items wat “Not for loan” en “Restricted” gemerk is.
Toeganklike biblioteke
JS Gericke Biblioteek, Ingenieurs- en Bosboubiblioteek, Teologie Biblioteek, Musiekbiblioteek (Stellenbosch), Gesondheidswetenskappe Biblioteek (Tygerberg) en USBI (Bellvilleparkkampus).
Toegang
Toegang is gratis, maar onderworpe aan 'n positiewe identifikasie deur middel van 'n geldige identiteitsdokument (foto-identifikasie is noodsaaklik).
Fotokopiëring
Kontantfasiliteite is beskikbaar by die Read Me Services (RMS)-fotokopieerfasiliteit in die JS Gericke Biblioteek en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
Rekenaardrukwerk
Kontantfasiliteite is beskikbaar by die Read Me Services (RMS)-fotokopieerfasiliteit in die JS Gericke Biblioteek en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
Hoe om boeke en artikels te vind
Gebruik die biblioteek se soekfunksie, SUNSearch. Aanwysings is beskikbaar by Hoe kan ek?
Elektroniese bronne
Slegs selfhelpgebruik binne die biblioteek