Onderstaande dienste is beskikbaar aan voornemende nagraadse studente wat by die Universiteit Stellenbosch om toelating aansoek gedoen het en ’n US studentenommer het. Vir meer besonderhede en aanlynaansoekprosedure gaan na die Universiteit se
portaal vir voornemende nagraadse studente.
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir voornemend nagraadse studente. Toegang is gratis en onderworpe aan positiewe identifikasie deur middel van ’n identiteitsdokument (foto-identifikasie noodsaaklik).
Sien Biblioteekure.
Uitleenvoorregte
’n Aanbevelingsvorm moet deur die studieleier van die voornemende nagraadse student voltooi word en by die uitleenafdeling van die JS Gericke Biblioteek of die betrokke takbiblioteek ingehandig word.
Voornemende nagraadse studente mag 15 items vir 4 weke leen en dit twee maal hernu.
Items mag by enige van die toeganklike biblioteke hierbo genoem terugbesorg word.
Boetes vir items wat na die vervaldatum terugbesorg word is 50 c per item per dag. Die boetegrens is R20--00 waarna uitleenvoorregte opgeskort sal word.
Boeke kan by enige van die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens terugbesorg word.
Itemtipes aangedui as “Unrestricted” kan uitgeneem word
Vervangingswaarde van verlore/beskadigde boeke is betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens
Toegang tot elektroniese bronne
Indien 'n navorsingsvoorstel eers ingedien moet word vir finale toelating as 'n nagraadse student by Universiteit Stellenbosch, volg onderstaande 3 stappe om afkampustoegang tot die biblioteek se elektroniese bronne te kry:
Doen aanlyn aansoek as ‘n voornemende nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch. Hoe doen ek aansoek?
Sodra die elektroniese aansoek afgehandel is, sal jy 'n bevestigende e-pos met 'n US gebruikersnaam en tydelike wagwoord van die US Toelatingskantoor ontvang.
Verander hierna jou tydelike wagwoord en skep jou eie unieke kampus wagwoord om afkampustoegang te verkry na die biblioteek se e-bronne: Change password
Let wel: Voornemend nagraadse studente kry met hul US kampus gebruikersnaam en wagwoord slegs afkampustoegang na die biblioteek se e-bronne nadat hul elektroniese aansoek as 'n voornemende nagraadse student afgehandel is.
Sodra die navorsingvoorstel aanvaar word en die voornemend nagraadse student as 'n volwaardige nagraadse student van die Universiteit registreer, vind registrasie vir alle standaard elektroniese dienste outomaties plaas. (Sien: Voorgraadse en nagraadse studente).
Fotokopiëring
Kontantfasiliteite is beskikbaar by die Read Me Services (RMS)-fotokopieerfasiliteit, JS Gericke Biblioteek, en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
Rekenaardrukwerk
Kontantfasiliteite is beskikbaar by die Read Me Services (RMS)-fotokopieerfasiliteit, JS Gericke Biblioteek, en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
Biblioteekoriëntering en inligtingsdiens
Hoe vind ek boeke en artikels?:
Elektroniese bronne
Selfhelpgebruik binne die biblioteke. Vir inligting oor hoe om vir afkampustoegang aansoek te doen, sien
Hoe kan ek?
Interbiblioteeklenings
Items wat nie in enige van die biblioteke verbonde aan die US Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar is nie, kan van ’n ander biblioteek in die land, of selfs oorsee, aangevra word. Kry meer inligting en aanwysings by Interbiblioteeklenings.