Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bied spesiale dienste en voorregte aan vir alumni van die Universiteit Stellenbosch.
Toegang
Alle biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens is toeganklik vir alumni. Toegang is gratis en is onderworpe aan positiewe identifikasie deur middel van ’n geldige identiteitsdokument (foto-identifikasie is noodsaaklik).
Uitleenvoorregte
Biblioteeklidmaatskap met uitleenvoorregte is teen ’n spesiale fooi beskikbaar vir alumni wat binne ’n radius van 150 km vanaf Stellenbosch woon. Persone wat om alumni-lidmaatskap aansoek doen se besonderhede sal met behulp van die alumni-databasis geverifieer word.
- Lidmaatskapfooi: R300-00 per jaar.
Aantal items wat geleen mag word: 3 items.
- Leenperiode: 2 weke per item.
- Hernuwings: 2 hernuwings per item.
- Terugbesorgings: Boeke kan by enige van die toeganklike biblioteke hierbo genoem terugbesorg word.
- Boetes vir items wat na die vervaldatum terugbesorg word: 50c per item per dag. Die boetegrens is R20-00, waarna uitleenvoorregte opgeskort sal word.
- Uitleenbare materiaal: Itemtipes aangedui as “Unrestricted”.
- Verlore/beskadigde boeke: Vervangingswaarde betaalbaar aan die Biblioteek- en Inligtingsdiens.
Bewys van adres word vereis.
Dienste
Fotokopiëring
Kontantfasiliteite beskikbaar by die Read Me Services (RMS) fotokopieerfasiliteit, JS Gericke Biblioteek en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
Rekenaardrukwerk
Kontantfasiliteite beskikbaar by die Read Me Services (RMS) fotokopieerfasiliteit, JS Gericke Biblioteek en by die uitleenafdelings van takbiblioteke (40c per bladsy).
SUNSearch, die soekfunksie op die biblioteektuisblad
Beskikbaar aanlyn op- en afkampus vanaf die
biblioteektuisblad.
Hoe om boeke en artikels te vind
Aanwysings is beskikbaar by Hoe kan ek?
Slegs selfhelpgebruik binne die biblioteek.
Internet
Geen toegang in enige van die biblioteke.
Inligtingsdiens
Basiese inligtingsdienste word verskaf. Dit behels hulp om bronne en inligting, hetsy in papier of elektroniese formaat, self op te spoor. Doen asseblief in die JS Gericke Biblioteek navraag by die algemene inligtingsdienspunte en in die takbiblioteke by enige personeellid.
Vra ons ("Ask a Librarian")
'n Elektroniese inligtingsdiens Vra ons ("Ask a Librarian") is beskikbaar vir alumni op die
biblioteektuisblad. Volg die instruksies by die skakel, soos aangedui.
Lokaalbesprekings
Die ouditorium in die JS Gericke Biblioteek is beskikbaar vir lede van die publiek, teen 'n tarief van R250-00 per uur (maksimum R2 500-00).