Hoekom moet ek registreer vir afkampusdokumentlewering?
Die biblioteek gebruik afkampusstudente se kontakbesonderhede om die koste van dokumentlewering te bereken. Afkampusstudente is ook geregtig op spesiale uitleenvoorregte.
Aan wie word afkampusdokumentlewering voorsien?
Hoe word dokumente gelewer en terugbesorg?
- Elektroniese tydskrifartikels en geskandeerde fotokopieë word per e-pos gestuur.
- Vanaf die JS Gericke en Teologie biblioteke word boeke volgens die student se voorkeur per koerier of geregistreerde pos gestuur.
- Gesondheidswetenskappe Biblioteek maak slegs gebruik van geregistreerde pos vir die aanstuur van boeke.
- Boeke kan volgens die student se voorkeur terugbesorg word, per koerier of geregistreerde pos. Dit kan ook persoonlik by die biblioteek afgelewer word.
Wat kos afkampusdokumentlewering?
Standaardfooie word vir fotokopiëring, pos- en koerierbesendings word gehef en die student se universiteitsrekening word daarmee gedebiteer.
Let wel: Die koste vir fotokopiëring, pos- en koerierbesendings is reeds ingesluit in die klasgelde van studente van die
Afdeling: Telematiese Dienste.
Word dokumente na die buiteland gestuur?
Die biblioteek stuur nie biblioteekboeke na die buiteland nie. Versoeke vir afskrifte van bladsye uit boeke en tydskrifartikels moet gerig word aan die
kontakpersone vir afkampusstudente.
Hoe kan ek toegang tot ander biblioteke verkry, indien nodig?
Voltooi die
e-vorm en rig 'n versoek vir 'n verwysingsbrief waarmee aansoek gedoen kan word om ander universiteitsbiblioteke te besoek. Lees meer oor hierdie diens by
Toegang tot en uitleenregte by ander biblioteke.
Watter ander dienste is beskikbaar vir geregistreerde afkampusstudente?
Al die dienste soos beskryf in die
voorgraadse en
nagraadse gebruikersgidse is ook vir afkampusstudente beskikbaar.
Boeke kan uitgeleen of terugbesorg word by die JS Gericke Biblioteek en takbiblioteke wanneer 'n afkampusstudent Stellenbosch besoek.
'n Groot hoeveelheid elektroniese publikasies is volteks beskikbaar onder
SOEK op die biblioteektuisblad onder Databasisse, E-boeke, E-tydskrifte en SUNScholar (e-tesisse en proefskrifte). Sien ook
Hoe kan ek afkampustoegang verkry?
Verdere hulp met die soek van inligting en opleiding
- JS Gericke Biblioteek: kontak die fakulteitsbibliotekaris vir die toepaslike vakdissipline.
- Teologie Biblioteek: kontak die fakulteitsbibliotekaris.
- Gesondheidswetenskappe Biblioteek: kontak die bibliotekaris verantwoordelik vir afkampusdokumentlewering.