Afkampusdokumentlewering

Studente wat vir afkampusdokumentlewering registreer, kan aansoek doen dat bronne wat vir studies benodig word, aan hulle gestuur word. Stuur die volledige bibliografiese besonderhede van boeke, tesisse of tydskrifartikels aan die kontakpersone vir afkampusstudente per e-pos, telefoon of faks.

Die kontakpersone sal
  • die dokumente in die biblioteekversameling opspoor;
  • dokumente deur interbiblioteeklenings elders aanvra, indien nodig;
  • bladsye fotokopieer en skandeer (onderhewig aan kopieregwetgewing - slegs een artikel per tydskrif en een hoofstuk per boek);
  • boeke op die student se biblioteekrekord uitreik;
  • elektroniese tydskrifartikels en geskandeerde fotokopieë per e-pos aanstuur;
  • boeke vanaf die JS Gericke en Teologie biblioteke volgens die student se voorkeur, per koerier of geregistreerde pos aanstuur;
  • boeke vanaf die Geneeskunde & Gesondheidswetenskappe Biblioteek per geregistreerde pos aanstuur.
Afkampusstudente moet self die biblioteekmateriaal by die poskantoor afhaal en weer vóór die vervaldatum by die biblioteek terugbesorg, hetsy persoonlik of per geregistreerde pos. Boeke kan twee maal hernu word, tensy dit deur iemand anders bespreek is.

Gebruik 
Hernu Boeke bo-aan die biblioteek se tuisblad om self boeke te hernu.