Nuus oor Oop Toegang
Vir gereelde nuus rondom Oop Toegang, SUNScholar, SUNJournals en SUNConferences:
Nuttige Ooptoegangskakels
Directory of Open Access JournalsDie
Directory of Open Access Journals (DOAJ) is 'n databasis wat deur die
Lund Universiteit in stand gehou word, en waarin ooptoegangstydskrifte gelys word. Hierdie is die mees omvattende en betroubare lys van Ooptoegangstydskriftitels.
JANEDie
Journal/Author Name Estimator verskaf hulp aan skrywers om te besluit in watter tydskrif om in te publiseer, help met die vind van relevante artikels van toepassing op 'n artikel, of hulp aan redakteurs van tydskrifte om keurders vir artikels te vind.
JISCJISC neem die voortou in die gebruik van digitale tegnologie om te verseker dat die VK die lewering van wêreldklas navorsing, onderrig en leer byhou. 'n Verslag deur JISC oor Oop Toegang is beskikbaar by
http://ie-repository.jisc.ac.uk/442/.Journal Citation Reports - ISI (vir impakfaktore)
Bepaal die Thomson Reuters impakfaktor vir 'n tydskriftitel. Om aansoek te doen vir die toeken van 'n impakfaktor vir 'n tydskrif, volg asb. die volgene
prosedure.
OAKList
Die QUT-gebaseerde Open Access to Knowledge (OAK) Law Project bevat inligting oor ooptoegangsbewaarplekke en -publisering.Open Access Directory
Die Open Access Directory (OAD) is 'n gids met waardevolle skakels na oop toegang in wetenskap en navorsing. Guides for OA journal publishers is 'n lys met riglyne, aanbevelings en beste praktyk vir uitgewers van ooptoegangtydskrifte. Science Commons: Scholar's Copyright Addendum Engine'n Hulpmiddel vir die skep van 'n PDF-vorm wat saam met 'n nuwe navorsingsartikel en die uitgewer se ooreenkoms ingehandig kan word as aanhangsel, om te verseker dat die skrywer van die artikel sekere regte behou.
SHERPA RoMEOSHERPA
RoMEO is 'n databasis wat inligting bevat oor uitgewers se beleide m.b.t. die argivering van artikels in digitale navorsingsbewaarplekke. Besoek ook die webbladsye van uitgewers vir die mees opgedateerde beleide, of kontak die uitgewer en doen direk navraag.
SPARC Addendum'n Regsgeldige dokument wat saam met 'n nuwe navorsingsartikel by 'n uitgewer ingehandig kan word, om seker te maak dat die skrywer sekere regte behou.
Ooreenkoms tussen skrywers en uitgewers m.b.t. publikasieregte. SPARC Europe
SPARC Europe is 'n alliansie van Europese navorsingsbiblioteke, navorsingsinstansies en biblioteekorganisasies wat Oop Toegang tot navorsingsinligting bevorder.