Doel
Om materiaal wat nie in die US Biblioteek- en Inligtingsdiens se eie versameling beskikbaar is nie aan kliënte te verskaf. Materiaal word vanaf instansies in Suider-Afrika, asook vanaf internasionale instansies verkry deur middel van nasionale en internasionale interlening-skemas.
Kliënte
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens bied 'n gratis interbiblioteekleningsdiens aan alle personeellede (insluitend US pensionarisse) en geregistreerde en voornemende nagraadse studente van die Universiteit. Materiaal word wedersyds aan alle institusionele lede van die Suider-Afrikaanse interleningstelsel verskaf, en ook aan enige internasionale biblioteek wat van hierdie diens gebruik wil maak.
Diensure
Die diensure van die Interbiblioteekleningsafdeling van die JS Gericke Biblioteek is:
Maandag tot Vrydag: 9:30 tot 16:30
Aanvraagprosedure
Maak eers met soektogte in
SUNSearch en die alfabetiese lys van
e-tydskrifte seker dat die verlangde item nie reeds by die US Biblioteek- en Inligtingsdiens gehuisves word nie.
Hoe om materiaal aan te vra
Aanvrae vir materiaal kan
elektronies gedoen word, of per gedrukte aanvraagvorm, faks of e-pos. Kliënte kan items wat in die nasionale databasis (SACAT) geïdentifiseer is, elektronies aanvra deur middel van
Sabinet Online. Vir volledige instruksies, raadpleeg asseblief die gebruikershandleiding. Aanvraagvorms is by die Interbiblioteekleningsafdeling in die JS Gericke Biblioteek en die onderskeie takbiblioteke beskikbaar.
Alle beskikbare besonderhede oor die verlangde item moet duidelik op die aanvraagvorm ingevul word.
Let wel:
Tydskrifte, naslaanbronne en seldsame boeke word nie normaalweg deur ander biblioteke as intebiblioteeklenings uitgeleen nie, maar 'n afskrif van 'n tydskrifartikel of 'n hoofstuk van 'n boek kan wel deur die uitleenbiblioteek verskaf word.
Interleningmateriaal moet by die uitleenafdelings van die onderskeie biblioteke afgehaal word.
Dringende aanvrae
Indien 'n item dringend benodig word, moet dit op die aanvraagvorm aangedui word. Dui ook asseblief die finale datum aan waarop die item verlang word.
Internasionale aanvrae
Indien 'n item nie in die nasionale databasis opgespoor kan word nie, sal kliënte skriftelik of per e-pos in kennis gestel word. Die bykomende koste van 'n internasionale aanvraag sal hierin aangedui word. Ten einde interbiblioteekleningspersoneel in staat te stel om 'n item internasionaal op te spoor, moet die aanvraag weer ingedien word en duidelik as 'n oorsese of internasionale aansoek geïdentifiseer word.
Kontakbesonderhede
Interbiblioteeklenings
JS Gericke Biblioteek
Privaatsak X5036
Stellenbosch 7599
Suid-Afrika
E-pos
Tel: +27 21 808 4872
Faks: +27 21 808 4336
ARIEL IP: 146.232.124.21
Navrae oor en versoeke vir interbiblioteeklenings kan ook aan die betrokke
takbiblioteke gerig word.
Tariewe
Alhoewel die interbiblioteekleningsdiens gratis verskaf word aan studente en personeel van die Universiteit, word die volgende fooie vir dokumentlewering gehef:
Nasionale aanvrae:
Boeke: Gratis
Artikels: 40c per bladsy
Faks: R1-00 per bladsy
Internasionale aanvrae:
Boeke: R450-00
Artikels: wisselende prys (word gekwoteer)
Indien die interleningsfooi deur 'n akademiese departement by die Universiteit bekostig word, moet die
Interleningsrekwisisievorm (PDF 30 kb) voltooi word 'n getekende kopie terug aan die Interbiblioteekleningsafdeling gestuur word.
Dienste aan internasionale biblioteke
Internasionale biblioteke wat artikels en/of konferensie verrigtinge vanaf die US Biblioteek- en Inligtingsdiens wil aanvra, mag 'n versoek per pos,
e-pos, faks of deur middel van OCLC stuur. Dokumente word gewoonlik met behilp van Ariel afgelewer. 'n Faktuur vir die verskuldigde bedrag, wat in kontant of deur middel van IFLA-koepons betaal kan word, sal saam met alle materiaal gestuur word. (Let wel: Biblioteke wat deelneem aan die IFLA-koeponskema moet dit op die oorspronklike versoek aandui, ten einde die faktureringsprosedure te vergemaklik). Die US Biblioteek- en Inligtingsdiens leen nie boeke op internasionale versoek uit nie. Versoeke vir tesisse en navorsingsartikels van die Universiteit Stellenbosch word op 'n een-tot-een basis hanteer aangesien hierdie items gedigitaliseer en aan die hand van 'n standhoudende skakel beskikbaar gestel word.