SUNJournals - Ooptoegang-wetenskaplike tydskrifte gehuisves deur die Universiteit Stellenbosch
Die implementering van 'n platform om ooptoegang-
wetenskaplike tydskrifte te huisves, is 'n gesamentlike poging van die
Biblioteek- en Inligtingsdiens, akademiese departemente en ander eenhede
verbonde aan die Universiteit Stellenbosch, ter ondersteuning van die
missie en strategie van die Universiteit. SUNJournals is die naam van
die diens wat aan kliënte gelewer word. Open Journal Systems (OJS) - die
sagteware wat gebruik word om die tydskrifte te berg - is 'n
tydskrifbestuur- en -publiseringstelsel wat ontwikkel is deur die Public
Knowledge Project om toegang tot navorsing te bevorder. Die loodsprojek
hiervoor is in 2011 onderneem.
Elektroniese tydskrifte gehuisves deur die US Biblioteek- en Inligtingsdiens
Tydskrif-verwante dienste wat deur die US Biblioteek- en Inligtingsdiens gelewer word
- Huisvesting van 'n tydskrif op 'n virtuele bediener.
- Digitale preservering van die tydskrif vir die langtermyn.
- Rugsteun van die tydskrif.
- Registrasie van 'n DOI-voorvoegsel by CrossRef.
- Registrasie van 'n artikel se DOI by CrossRef.
- Registrasie van 'n eISSN.
- Registrasie van 'n journals.ac.za-domeinnaam.
- Gereelde opgradering van die OJS-sagteware.
- Standhoudende URL's.
- Registrasie van die tydskrif by soekprogramme, stropers, gidse.
- Opleiding en ondersteuning in die opstel van die tydskrif.
Navrae
Tel.: +27 21 808 9139/9046