E-boeke


Belangrik: Opkampus gebruik van subskripsie e-bronne met of sonder NXInetkey

Alhoewel die Biblioteek se subskripsie e-bronne steeds gratis op kampus beskikbaar is, laai die meeste webblaaie vinniger af met die NXInetkey oop. As gevolg van verskeie ekstras soos advertensies en Google Analytics wat deesdae deel uitmaak van webblaaie in die algemeen en waaroor die Biblioteek geen beheer kan uitoefen nie, laai die blaaie stadiger as die NXInetkey nie aktief is nie. Neem asseblief kennis dat op kampus, selfs met 'n oop NXInetkey, geen internetkoste vir die subskripsie e-bron se basis-URL betaalbaar is nie, maar wel vir die byvoegings op die webblad.

Blaaieropstellings vir suksesvolle opkampustoegang tot die biblioteek se elektroniese bronne


Verkry hier toegang tot die Biblioteek- en Inligtingsdiens se e-boeke. 

Raadpleeg die e-naslaanblad vir elektroniese woordeboeke en ensiklopedieë. 

Bykomend daartoe word 'n seleksie van e-boekversamelings hieronder gelys, waarvan sommige gratis beskikbaar is.   

Mobiele toegang beskikbaar -

 
'n Versameling van ongeveer 4 000 gratis elektroniese boeke, meestal op die gebied van bestuurswetenskappe.

African Writers Series

Sleutelwerke uit die Heinemann African Writers Series, wat bestaan uit gesaghebbende twintigste eeuse Afrika-literatuur en skrywers soos Steve Biko, Ama Ata Aidoo, Nadine Gordimer, en Buchi Emecheta insluit. Romans, kortverhale, dramas, gedigte en skrywerbiografieë is ingesluit.

Baen free library 

Baen Books stel hul titels in elektroniese formaat gratis beskikbaar. Enigeen kan die titels aanlyn lees of die boeke in een van verskeie formate aflaai.

Die voortreflike internet uitgewer van letterkunde, naslaanwerke en digkuns bied onbeperkte toegang tot boeke en inligting op die web.

California Digital Library

Akademiese materiaal, databasisse, opsommings van en aanhalings uit tydskrifartikels, elektroniese tydskrifte, uitgewershulpmiddele en naslaandatabasisse.

Cambridge Books Online

'n Groot versameling boeke oor alle vakgebiede, uitgegee deur Cambridge University Press. 

Credo Reference

'n Versameling van meer as 500 multidissiplinêre woordeboeke en ensiklopedieë van 57 uitgewers. Gevorderde tegnologieë voeg waarde toe en stel die gebruiker in staat stel om inhoud van verskeie naslaanbronne te integreer en vergelykende verslae oor onderwerpe en lande heen te genereer. 

Directory of Open Access Books (DOAB)

'n Versameling van meer as 750 e-boeke wat met oop toegang gepubliseer is.

Ebrary

'n Groot versameling akademiese e-boeke oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe, insluitend naslaanwerke van toonaangewende akademiese uitgewers. Ebrary's Info tools is kruisverwysingshulpmiddele wat geselekteerde teks in 'n boek kan koppel aan eksterne aanlynbronne soos woordeboeke, kaarte en soekenjins.

Gale Virtual Reference Library (GVRL)

260+ e-naslaanwerke en e-boeke oor 'n verskeidenheid onderwerpe.

Google Books

Vind die boek wat jy soek. As die boek nie meer aan kopiereg onderhewig is nie, of as Google die uitgewer se toestemming ontvang het, is 'n voorskou van die boek moontlik, en in sommige gevalle ook toegang tot die volteks. Indien die boek in openbare besit is, kan 'n pdf-kopie gratis afgelaai word.

Human Sciences Research Council Publications

Hierdie is elektroniese weergawes van ewekniebeoordeelde Suid-Afrikaanse navorsingsverslae en publikasies in sosiale wetenskappe, uitgegee deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN).

IET Books

‘n Versameling van ongeveer 300 elektroniese boeke oor ingenieurswese wat tussen 1979 en 2012 deur The Institution of Engineering and Technology gepubliseer is. Die klem val op elektriese en elektroniese ingenieurswese.

Informa Healthcare E-books

'n Paar dosyn elektroniese boeke oor medisyne, gesondheidsorg en verwante onderwerpe.

Intech Open

'n Versameling van meer as 420 gratis elektroniese boeke in die wetenskap en verwante onderwerpe.

International Development Resource Centre

'n Versameling van meer as 200 gratis boeke oor wêreld- en streeksake rakende billike en volhoubare ontwikkeling.

Intersentia E-books

'n Versameling van 155 e-boeke oor menseregte.

Lippincott, Williams & Wilkins E-books

'n Versameling elektroniese boeke oor medisyne, gehuisves op Universiteit Stellenbosch se bestaande OVID platform.

Maak sin van verwysings

Die Harvard-, APA- en Vancouver-metode en die voetnootstelsel. Uitgegee deur Universiteit Stellenbosch Taalsentrum.

Make sense of referencing

Die Harvard-, APA- en Vancouver-metode en die voetnootstelsel. Uitgegee deur Universiteit Stellenbosch Taalsentrum.

Many Books

Blaai deur die gewildste titels, aanbevelings of onlangse resensies deur besoekers. Daar is meer as 29 000 e-boeke hier beskikbaar, almal gratis.

Million Books Project

'n Vroeë versameling boeke van die Indiese skanderingsentra van die Universal Library Project, soms ook bekend as die Million Books Project.

MyiLibrary

'n Versameling akademiese e-boeke oor 'n verskeidenheid onderwerpe.

'n Versameling van meer as 3 000 gratis elektroniese boeke oor 'n wye verskeidenheid onderwerpe in, onder meer, die wetenskap, biologie, rekenaarwetenskap, ingenieurswese, gesondheid, ruimtewetenskap en dierevoeding.

OECD iLibrary

Die Organization for Economic Co-operation and Development se aanlynbiblioteek vir boeke, referate en statistiek en die poort tot die OECD se analises en data.

OpenBook Publishers

'n Paar dosyn boeke oor sosiale en geesteswetenskappe, uitgegee deur OpenBook Publishers. Volledig gedigitaliseerde weergawes van al hul boeke is vryelik op hul webwerf beskikbaar. Die skakel daarheen is beskikbaar op elke boek se tuisblad. Hierdie weergawes kan op enige rekenaar of draagbare toestel wat aan die internet gekoppel is, gelees word.

OVID E-books sien Lippincott, Williams & Wilkins E-books

Palgrave Business and Management E-books

'n Versameling van ongeveer 80 elektroniese boeke, uitgegee deur Palgrave.

Palgrave Language & Linguistics E-books

'n Versameling van ongeveer 25 elektroniese boeke, uitgegee deur Palgrave.

Palgrave Media & Culture E-books

'n Versameling van ongeveer 80 elektroniese boeke, uitgegee deur Palgrave.

PLAAS

Publikasies van die Institute of Poverty, Land and Agrarian Studies aan die Universiteit van Wes-Kaapland, 'n leidende navorsing- en opleidingsentrum wat wêreldwyd bekend is vir hulle toegepaste navorsing en kritiese vakgeleerdheid van hoë gehalte.

Project Gutenberg

Project Gutenberg bied meer as 36 000 gratis e-boeke wat op 'n rekenaar, Kindle, iPad, iPhone, Android of ander mobiele toestelle afgelaai kan word. Kies tussen ePub-, Kindle-, HTML- en eenvoudige teksformate.

Referex (Engineering Village Platform)

Referex Engineering bestaan uit e-boeke en e-naslaanwerke met 'n professionele fokus op al die hoof- ingenieursdissiplines. Volteks- elektroniese toegang is beskikbaar vir 367 titels in meganiese ingenieurswese (tussen 2000 en 2006), 36 titels in elektroniese en elektriese ingenieurswese (2007) en 17 titels in siviele en omgewingsingenieurswese (2007).
'n Versameling van meer as 150 handboeke en naslaanwerke, uitgegee deur Sage.

SALDRU

Publikasies van SALDRU, 'n navorsingsgebaseerde sosiale bewustheidsinisiatief wat by die Universiteit van Kaapstad se School of Economics gehuisves word.

Meer as 3000 e-boeke en naslaanwerke, uitgegee deur Elsevier, en gehuisves op die US se bestaande Science Direct platform.

South African National ETD (e-theses & dissertations) Portal

Alle tesisse en proefskrifte van Suid-Afrikaanse herkoms is toeganklik vanaf hierdie webwerf van die Suid-Afrikaanse Nasionale Navorsingstigting (NNS) in samewerking met die Committee of Higher Education Librarians of South Africa (CHELSA).

Springer E-books

'n Versameling e-boeke oor biomediese en lewenswetenskappe wat in 2009 uitgegee is, sowel as enkele Springer naslaanwerke, gehuisves op die US se bestaande SpringerLink platform.

Wiley-Blackwell E-books

'n Paar dosyn elektroniese boeke op die gebied van wetenskap, ingenieurswese, medisyne en opvoedkunde, gehuisves op die US se bestaande Wiley-Blackwell platform.

World Bank E-books

Meer as 2,500 e-boeke en navorsingsverslae op die gebied van ekonomie en ontwikkeling, uitgegee deur die Wêreldbank.