Doel
Materiaal wat nie in die Universiteit Stellenbsoch Biblioteek - en Inligtingsdiens se eie versameling beskikbaar is nie, kan deur kliente aangevra word. Materiaal word vanaf instansies in Suider-Afrika, asook internasionaal verkry deur middel van nasionale- en internasionale interlening-skemas.
Aanvraag-prosedure
Dis eerstens belangrik om SUNSearch, die soekfunksie op die biblioteektuisblad, na te gaan om te verseker dat die verlangde item nie by die Biblioteek- en Inligtingsdiens gehuisves word nie.
Tweedens is dit, in die geval van tydskrifte, belangrik om te bepaal of die tydskrifartikel elektronies beskikbaar is. Toegang tot elektroniese tydskriftitels waarop ingeteken is, kan deur middel van biblioteekkatalogus en deur middel van die alfabetiese lys van elektroniese tydskrifte verkry word.
Biblioteekboeke word nie aan kliente gepos nie. U kan (vir u eie rekening) reel met 'n korierdiens om boeke by die biblioteek af te haal.
Internasionale aanvrae
Indien 'n verlangde item nie in die nasionale databasis opgespoor kan word nie, sal kliënte per geskrewe kennisgewing of e-pos in kennis gestel word. Kliënte kan dan aandui of hulle belangstel om die dokument van oorsee te bekom.
Dringende aanvrae
Indien 'n item dringend versoek word, dui ook asseblief die finale datum aan waarop die item verlang word.
Kliënte
Die biblioteek bied 'n gratis interleningdiens aan alle personeellede, geregistreerde studente en voornemende nagraadse studente van die Universiteit. Materiaal word wedersyds aan alle institusionele lede van die Suider-Afrikaanse interleningstelsel verskaf, en ook aan enige internasionale biblioteek wat van hierdie diens gebruik wil maak.
Tariewe
Alhoewel die interleningdiens gratis verskaf word vir personeel en studente van die universiteit, word die volgende fooie vir dokumentlewering gehef:
Nasionale versoeke
Boeke: Gratis
Artikels: 40c per bladsy
Faks: R1-00 per bladsy
Internasionale versoeke
Boeke: R450-00
Artikels: wisselende prys (word gekwoteer)
Kontakbesonderhede
Interlenings
USBI
Posbus 610
Bellville 7530
Suid-Afrika