USBI hou kliënte op hoogte van onderwerpe soos besigheids-, finansiële-, en mannekragbestuur, leierskap,
bestuursafrigting, dispuutresolusie, openbare bestuur, entrepreneurskap en strategiese bestuur,
deur middel van resente elektroniese, en gedrukte inligting.
Ons versamelings sluit van die volgende in:
15 000 gedrukte boeke asook e-boeke;
500 MBA- en MPA-tegniese verslae waarvan die nuutstes elektronies verkrygbaar is
op SUNScholar;
40 gedrukte tydskrifte en 43 341 elektroniese tydskrifte.