V: Hoe laai ek drukkrediete?
A: Gaan na useradministration.
V: Hoe kan ek 'n dokument druk?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaart by drukkers. Besoekers kan geen drukwerk doen nie.
V: Hoe kan ek 'n fotokopie maak?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaart om fotokopieë te maak. Besoekers kan USBI-personeel vra vir hulp.
V: Het almal internettoegang?
A: Geregistreerde studente en US dosente gebruik hul normale aantekenkode en wagwoord by rekenaars. Besoekers en alumni het nie internettoegang nie.
V: My wagwoord werk nie, wie kan ek kontak?
A: Kontak IT
V: Hoe kan ek die biblioteekpersoneel kontak?
A: Gaan na USBI se kontakbesonderhede op die webblad.
V: Waar is die biblioteek geleë?
A: Vind aanwysings en kaarte onder "Vind ons".
V: Wie mag die biblioteek gebruik?
A: Alle personeellede en geregistreerde studente van die Universiteit. Alumni en besoekers moet hulself
aanmeld by die personeel.
V: Is die biblioteek oop op openbare vakansiedae?
A: Nee, die biblioteek is gesluit op alle openbare vakansiedae en tussen Kersfees en Nuwejaar.
V: Is daar plek in die biblioteek waar vergaderings gehou kan word?
A: Ja, ons het seminaarkamers in die gebou wat bespreek kan word. Kontak Vincent Pool.
Het ons jou vraag beantwoord?
Indien nie, kontak ons of maak gebruik van Vra ons(" AskALibrarian") of die Hoe kan ek- opsies.
V: Wat beteken die onderskeie statusse in die katalogus?
A: Die mees algemene status boodskappe word hieronder verduidelik:
| Binders |
Die item is in die proses om gebind te word
|
| Cataloguing |
Die item word vir die rak voorberei |
| Lost |
Die item is verlore/lank uitstaande |
| Withdrawn |
Die item is uit die versameling onttrek |
| On Hold |
Die item is deur 'n ander gebruiker bespreek |
| Ordered |
Die item is op bestelling |
| Reshelving |
Die item is in die proses om weggepak te word |
| Restricted |
Die item is net vir gebruik in die biblioteek |
| Searching |
Die item word tans deur die personeel gesoek |
| Unrestricted |
Die item is beskikbaar vir alle gebruikers |