V: Hoe kan ek drukwerk doen?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die drukker.
V: Hoe maak ek kopieë?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die kopieerder.
V: Mag ek 'n skootrekenaar in die biblioteek gebruik?
A: Ja, koordlose toegang is beskikbaar.
V: Wat beteken die verskillende statusse in die katalogus?
A: Die mees algemene statusse word hiernaas verduidelik:
| Binders |
Die item is in die proses om gebind te word
|
| Cataloguing |
Die item word vir die rak voorberei |
| Lost |
Die item is verlore/lank uitstaande |
| Withdrawn |
Die item is uit die versameling onttrek |
| On Hold |
Die item is deur 'n ander gebruiker bespreek |
| Ordered |
Die item is op bestelling |
| Reshelving |
Die item is in die proses om weggepak te word |
| Restricted |
Die item is net vir gebruik in die biblioteek |
| Searching |
Die item word tans deur die personeel gesoek |
| Unrestricted |
Die item is beskikbaar vir alle gebruikers |