Algemene vrae

V: Hoe laai ek drukkrediete?

A: Gaan na useradministration.

 

V: Hoe druk ek?

A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die drukker.

 

V: Hoe maak ek fotokopieë?

A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die fotokopieerder.

 

V: Mag ek 'n skootrekenaar in die biblioteek gebruik?

A: Ja, koordlose toegang is beskikbaar.

 

V: Mag klankopnames gekopieer word?

A: Dit word slegs vir studiedoeleindes toegelaat en slegs aan spesifieke lidmaatskapkategorieë. Die biblioteek het streng reëls om die skending van die kopieregwet te voorkom.

  

V: Sal die biblioteek vir my bladmusiek faks / skandeer en e-pos?

A: Nee, bladmusiek kan nie gefaks of geskandeer en met e-pos gestuur word nie.

 

V: Wat beteken die verskillende statusse in die katalogus?

A: Die mees algemene statusse word hiernaas verduidelik:

 
​Binders ​Die item is in die proses om gebind te word
​Cataloguing ​Die item word vir die rak voorberei
​Lost
​Die item is verlore/lank uitstaande
Withdrawn​ ​Die item is uit die versameling onttrek
On Hold​ ​Die item is deur 'n ander gebruiker bespreek
​Ordered ​Die item is op bestelling
​Reshelving ​Die item is in die proses om weggepak te word
​Restricted
​Die item is net vir gebruik in die biblioteek
​Searching Die item word tans deur die personeel gesoek
​Unrestricted ​Die item is beskikbaar vir alle gebruikers
​Due date Die item is reeds uitgeleen en word teen die spesifieke datum terugverwag. Die item kan bespreek word.