Lenings
6 items vir 14 dae.
Hernuwings
Twee hernuwings is toelaatbaar (indien nie reeds deur 'n ander kliënt bespreek is) en op die volgende wyses gedoen word:
Antwoord op die voorafkennisgewing wat per epos uitgestuur word en as herinnering aan die vervaldatum dien.
Skakel die uitleenttoonbank by 021 808 4978 of stuur 'n e-pos
Neem die items persoonlik na die biblioteek om hernu te word.
Teken aan op "My Biblioteekrekord" om hernuwings aanlyn uit te voer. Geen elektroniese hernuwings is egter moontlik na die vervaldatum van uitgeleende items nie.
Besprekings
Indien 'n item reeds aan 'n ander persoon uitgeleen is, mag dit bespreek word. Maak gebruik van die besprekingsopsie langs die titel in die katalogus. Na ontvangs van 'n e-pos ontvang is, kan die bespreekte item by die uitleentoonbank afgehaal word.
Terugbesorgings
Besorg items terug aan die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek
Besorg items terug by enige van die ander takbiblioteke of die JS Gericke Biblioteek.
Boete vir agterstallige items is 50c per item per dag
Meer oor lenings
Vra n boek of tydskrifartikel aan wat nie in die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek of enige van die ander biblioteke van die US Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar is nie.
Lokaalbesprekings
Bespreek 'n lokaal vir groepbesprekings.
Inligtingsdienste
Opleiding met betrekking tot toegang tot en gebruik van biblioteekbronne
Hulp met literatuursoektogte vir take.
Hulp met die verkryging van artikels na afloop van 'n literatuursoektog
AskALibrarian is beskikbaar vir na-uurse navrae vir afkampuskliente of vir enige ander navrae.
Fotokopiëring en drukwerk
Fotokopieer- en drukfasiliteite is beskikbaar as 'n selfdiens. Studente en personeel van die Universiteit moet
gebruik van studente- of personeelkaarte gebruik vir fotokopieëring en drukwerk.