V: Hoe laai ek drukkrediete?
A: Gaan na useradministration.
V: Hoe kan ek drukwerk doen?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die drukker.
V: Hoe word fotokopieë gemaak?
A: Geregistreerde studente gebruik hul studentekaarte by die fotokopieerder.
V: Mag ek 'n skootrekenaar in die biblioteek gebruik?
A: Ja, koordlose toegang is beskikbaar.
V: Hoe kan ek toegang verkry as ek afkampus is?
A: Afkampus toegang kan gereël word.
V: Is die biblioteek Saterdae en openbare vakansiedae oop?
A: Nee, die biblioteek is op Saterdae en alle openbare vakansiedae, asook tussen Kersfees
en Nuwejaar gesluit.
V: Wie kan my met ‘n literatuursoektog help?
A: Die bibliotekarisse van die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek: Corinna Truter of Natashia Arendse.
V: Is daar ‘n vergaderarea in die biblioteek?
A: Die Ingenieurs- en Bosboubiblioteek het seminaarkamers wat bespreek kan word.
V: Hoe bestuur ek my verwysings?
A: Refworks kan gebruik word.
V: Hoekom word my boeke herroep as die vervaldatum nog nie bereik is nie?
A: Indien die boek deur iemand anders bespreek word, word ‘n versoek outomatiese geaktiveer
en uitgestuur.
V: Wat beteken die onderskeie statusse in die katalogus?
A: Die mees algemene status boodskappe word hieronder verduidelik:
| Binders |
Die item is in die proses om gebind te word
|
| Cataloguing |
Die item word vir die rak voorberei |
| Lost |
Die item is verlore/lank uitstaande |
| Withdrawn |
Die item is uit die versameling onttrek |
| On Hold |
Die item is deur 'n ander gebruiker bespreek |
| Ordered |
Die item is op bestelling |
| Reshelving |
Die item is in die proses om weggepak te word |
| Restricted |
Die item is net vir gebruik in die biblioteek |
| Searching |
Die item word tans deur die personeel gesoek |
| Unrestricted |
Die item is beskikbaar vir alle gebruikers |