RefWorks is 'n webgebaseerde navorsingsbestuurstelsel soortgelyk in funksie aan programmatuur soos EndNote, Reference Manager en ProCite. Kliënte daarvan kan enige tipe inligting maklik versamel, bestuur, stoor en deel, asook hul werkstukke en bibliografieë outomaties formateer. Daar is geen koste verbonde aan die gebruik daarvan vir Universiteit Stellenbosch personeel en studente nie.
Kliënte skep hul eie persoonlike rekeninge in RefWorks. Die RefWorks Write-N-Cite-funksie laat die outomatiese formatering van voetnotas, endnotas en bibliografieë in werkstukke in Microsoft Word toe.
[terug na RefWorks blad]
US-kliënte kan op verskeie wyses toegang tot RefWorks verkry:
1. Vanaf die biblioteek se tuisblad, gaan na SOEK en kies E-databasisse. Kies RefWorks van die lys.
Op kampus:
Gaan
hier na RefWorks. RefWorks sal u rekenaar se IP-adres herken en die User Login for Universiteit Stellenbosch-venster vertoon.
Afkampus:
RefWorks ondersteun afstandstoegang vir alle US-studente, personeel en alumni. 'n Kliënt wat vanaf 'n rekenaar met 'n IP-adres van buite die US probeer inteken, sal vir 'n groepkode gevra word. Stuur asseblief 'n
e-pos of skakel +27 21 808 4884 met u naam en studentenommer / UT-nommer om die groepkode te bekom.
1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks.
2. Kies Login using your Group Code.
3. Sleutel die groepkode in.
4. Kliek Go to Login.
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks-gebruikersnaam -en wagwoord in te sleutel.
Indien u RefWorks die eerste keer gebruik, sal u 'n gratis individuele rekening moet skep (meer as een rekening per kliënt is moontlik). Sodra u rekening geskep is, sal u elke keer wanneer u op RefWorks inteken, vir u RefWorks-gebruikersnaam en -wagwoord gevra word.
Hoe om 'n individuele rekening te skep:
1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks.
2. Kliek Sign up for an Individual Account onder New to RefWorks?
3. Sleutel die verlangde inligting in en kliek Register.
Ja, 'n individu mag meer as een rekening hê.
Bogenoemde kan handig te pas kom wanneer u een rekening met 'n navorsingsgroep wil deel terwyl 'n ander rekening vir privaatgebruik alleenlik aangewend word.
[terug na RefWorks blad]
RefWorks ondersteun afstandstoegang vir alle US-studente, -personeel en -alumni. 'n Kliënt wat vanaf 'n rekenaar met 'n IP-adres van buite die US probeer inteken, sal vir 'n groepkode gevra word. Stuur asseblief 'n
e-pos of skakel +27 21 808 4884 met u naam en studentenommer / UT-nommer om die groepkode te bekom.
1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks.
2. Kies Login using your Group Code.
3. Sleutel die groepkode in.
4. Kliek Go to Login.
Vir direkte invoer vanaf Google Scholar na RefWorks, moet die volgende Google Scholar-opstelling gedoen word:
2. Beweeg af na Bibliography Manager.
3. Kliek Show links to import citations into.
4. Kies RefWorks.
5. Kliek Save Preferences.
Ongelukkig moet u verwysings aangehaal ("tagged") en in teksformaat wees. Slegs databasis- en Google Scholar-verwysings is aangehaal. Voer die verwysing direk van die bron, d.w.s. Google Scholar of databasis, na RefWorks. Vind instruksies oor hoe om verwysings vanuit enige van hierdie bronne na RefWorks in te voer
hier.
[terug na RefWorks blad]
Ja. RefWorks bied verskeie uitvoermoontlikhede vir gebruik saam met ander programme.
2. Gaan na References - Export.
3. Maak 'n seleksie van References to include.
4. Maak seker Export Format Bibliographic Software (Endnote, Reference Manager, Procite) is gemerk.
5. Kliek die Export-knoppie.
6. Stoor die databasis op u rekenaar.
7. U kan nou die lêer na EndNote, ProCite, Reference Manager of enige ander program wat die
Ja.
Voer die verwysings uit:
2. Gaan na References - Export.
3. Maak 'n seleksie van References to include.
4. Maak seker Export Format RefWorks Tagged Format is gemerk.
5. Kliek Export om die databasis op u rekenaar te stoor.
Voer verwysings in in RefWorks Tagged Format:
2. Gaan na References - Import.
3. Kies Import Filter/Data Source RefWorks Tagged Format.
4. Browse om die .txt op u rekenaar op te spoor.
5. Kliek Import.
6. Die verwysings behoort in u Last Imported Folder te verskyn.
Tans is daar nie 'n Write-N-Cite-weergawe vir Open Office of Linux beskikbaar nie. RefWorks stel voor dat die Open Office-gebruiker die verwysing met die hand intik of die One / Line Cite-opsie gebruik om dit te kopieer en in RefWorks te plak.
[terug na RefWorks blad]
Write-N-Cite is 'n RefWorks-funksie wat u toegang gee tot u verwysings in RefWorks terwyl u in Microsoft Word werk. Deur Write-N-Cite te installeer, kan u met die druk van 'n knoppie u gestoorde verwysings by u navorsingsteks voeg en wanneer u gereed is, 'n bibliografie aanheg. Kyk na 'n
Write-N-Cite demo.
Laai Write-N-Cite af
Laai die Write-N-Cite weergawe, versoenbaar met u rekenaar se spesifikasies, hieronder af.
Write-N-Cite for Word (32 bit) 52.39 Mb
Weergawe: 4.2.795 (12/28/2012) hulp
Vir Windows XP, Windows Vista en Windows 7. Ondersteun Word 2007 en Word 2010
Write-N-Cite for Word (Mac) 19.96 Mb
Weergawe: 4.2.891 (12/12/2012) hulp
Vir OS X 10.5 (Leopard), 10.6 (Snow Leopard), 10.7 (Lion) en 10.8 (Mountain Lion)
Ondersteun Word 2008 en Word 2011
Write-N-Cite v2.5 for Word (Mac) 2.50 Mb
Weergawe: 2.5 (6/7/2010) hulp
Vir OS X 10.5 (Leopard), 10.6 (Snow Leopard), 10.7 (Lion) en 10.8 (Mountain Lion)
Ondersteun Word 2008 en Word 2011
Ná installering verskyn 'n RefWorks-knoppie op u Word-taakbalk ("toolbar"). RefWorks is ook toeganklik deur middel van Word se Tools-spyskaart en die ikoon op die rekenaarskerm.
Wanneer u Write-N-Cite afkampus gebruik, sal u vir 'n groepkode gevra word. Om hierdie kode te bekom, stuur asseblief 'n
e-pos of skakel tel. +27 21 808 4884 met u naam en studentenommer/UT-nommer.
[terug na RefWorks blad]
RefGrab-It werk saam met die webblaaier ("browser") om sodoende die bibliografiese inligting van webblaaie vas te vang en te stoor en u die opsie te gee om die data by u RefWorks-rekening te voeg.
Meer hieromtrent. Vir hierdie doeleinde, moet 'n klein en gratis programmetjie na u rekenaar afgelaai word.
- Slegs vir Microsoft Windows.
- Versoenbaar met Internet Explorer weergawes 6, 7 en 8.
- Kan outomaties RIS-aflaailêers na RefWorks uitvoer.
RefGrab-It Firefox Add-on
Installeringsinligting Laai af (25k)
- Versoenbaar met Firefox Version 2, 3 en 3.5.
- Kan outomaties RIS-aflaailêers na RefWorks uitvoer.
- Installeer as 'n boekmerk in die webblaaier.
- Versoenbaar met Firefox en Internet Explorer.
[terug na RefWorks blad]
U verwysings word afkampus op die RefWorks-bediener gestoor. U kan enige plek, enige tyd toegang daartoe verkry deur u individuele RefWorks-gebruikersnaam en -wagwoord te gebruik.
[terug na RefWorks blad]
Om 'n bibliografie per hoofstuk te genereer en die verwysingslys te hernommer, moet u 'n afsonderlike bibliografie vir elke hoofstuk skep. Breek die dokument op in hoofstukke en lê elke hoofstuk afsonderlik voor om sodoende die bibliografie te skep. [terug na RefWorks blad]
Vir Internet Explorer 7 en hoër:
1. Vanaf die Tools-spyskaart, kies Internet Options.
2. Kies General vlag ("tab").
3. Langs Temporary Internet File, kliek Delete.
4. Kliek Close, en dan OK to Exit.
Vir Firefox 3 en hoër:
1. Vanaf die Tools-spyskaart, kies Clear Private Data.
2. Merk Cache.
3. Kliek Clear Private Data Now.
Vir Safari:
1. Vanaf die spyskaart, kies Empty Cache.
2. Wanneer u gevra word, kliek Empty om te bevestig dat die cache skoongemaak moet word.
Vir Google Chrome:
1. Kies die Tools-spyskaart (die moersleutelikoon regs bo).
2. Kliek Clear browsing data.
3. Merk die boksies vir die tipe inligting wat jy wil verwyder ("delete").
- Clear browsing history
- Clear download history
- Empty the cache
- Delete cookies
- Clear saved passwords
U mag verkies om Clear data from this period van die spyskaart te kies.
Kliek Clear Browsing Data. [terug na RefWorks blad]
Die probleem word skynbaar deur 'n sekuriteitsprogram soos 'n brandmuur en/of antivirusprogram op 'n rekenaar veroorsaak. Die Windows-brandmuur en die antivirusprogram moet spesiaal vir Write-N-Cite gekonfigureer word. Maak seker die Write-N-Cite-program is as betroubare sagteware ("trusted application") in die opstellings gelys. Sien aangehegte
dokument. Indien u program nie in die dokument gelys word nie, verwys dit na die spesifieke verskaffer se dokumentasie of hulptoonbank.
Neem asseblief kennis dat die Kaspersky-antivirusprogram tans nie met Write-N-Cite versoenbaar is nie.
U kan óf besluit om u US-rekening na 'n individuele subskripsie om te skakel óf om u rekening na u nuwe werkgewer se RefWorks-subskripsie oor te skuif. Vanuit u bestaande RefWorks-rekening, kies Tools - Backup/Restore en stoor 'n kopie van u databasis as 'n .zip of .rwb op u rekenaar.
Vanuit u nuwe RefWorks-rekening, kies Tools - Backup/Restore en gebruik die Restore-opsie om die gestoorde .zip of .rwb by u nuwe rekening te voeg.
[terug na RefWorks blad]
Ja.
Die RefWorks Alumni-program bied aan gebruikers wat alumni van 'n subskripsie-instansie is, lewenslange toegang. So lank as wat die instansie 'n subskripsie vir RefWorks het, het alumni toegang tot hul persoonlike navorsingsdatabasisse vir toekomstige professionele en akademiese verpligtinge.
1. Gaan na http://www.refworks.com/refworks.
2. Kies Login using your Group Code.
3. Sleutel die groepkode in (stuur asseblief 'n
e-pos of skakel +27 21 808 4884 met u naam en studentenommer/UT-nommer om die groepkode te bekom).
4. Kliek Go to Login.
5. U sal gevra word om u individuele RefWorks-gebruikersnaam en -wagwoord in te sleutel.