Indien 'n boek nie by een van die biblioteke van die US Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar is nie, kan dit deur middel van die biblioteek se interbiblioteekleningsdiens van ander biblioteke in Suid-Afrika, of selfs oorsee, aangevra word.
Om ‘n boek aan te vra, gaan na Versoek 'n interbiblioteeklening onder Dienste.
Voltooi die gedeelte onder "Book/Thesis/Chapter” op die elektroniese vorm.
Voltooi die gedeelte onder “Requestor” (Aanvraer).
Kies die biblioteek waar die boek afgehaal moet word onder “Pickup location”.
Kliek op "Submit".
Gebruikers word per e-pos in kennis gestel sodra 'n boek beskikbaar is. Dit kan by die uitleentoonbank afgehaal word.