Biblioteekboeke is óf aanlyn in elektroniese formaat óf as hardekopieë beskikbaar.
Tik die onderwerp of die titel van die boek in die soekboksie onder Boeke + Artikels op die biblioteek se tuisblad. Kies Boeke in die aftrekspyskaart en kliek op SOEK.
Om 'n boek aan te vra wat uitgeleen is:
- Indien die boek reeds uitgeleen is, sal dit aangedui word as "Checked out at Library Name".
Om die boek te bespreek, kliek op "Holdings" onder "Checked out at".
Die stelsel reageer met: "You must sign-in in order to place requests".
Kliek op "Sign In" (bo regs) en tik jou netwerkgebruikersnaam en wagwoord in.
Gaan nou terug na "Holdings" en bespreek die boek.
Kies die biblioteek waar jy die boek wil afhaal by "Pickup Location" en kliek op "OK".
Die bespreking is nou afgehandel. Om dit te kontroleer of te kanselleer, gaan na My Biblioteekrekord bo-aan die tuisblad.
Om 'n boek aan te vra wat nie uitgeleen is nie:
Vra 'n personeellid by die uitleentoonbank om die boek te bespreek..
Jy sal gevra word vir jou studente- of personeelkaart en die boek se besonderhede, spesifiek die strepieskode ("barcode").
Bevestig by watter biblioteek jy die boek wil afhaal.
Kliënte word per e-pos in kennis gestel sodra 'n boek beskikbaar is. Dit kan dan by die uitleentoonbank afgehaal word.