Artikels aanvra

Indien 'n tydskrifartikel nie by een van die biblioteke van die Biblioteek- en Inligtingsdiens beskikbaar is nie (in elektroniese of  gedrukte formaat), kan dit deur middel van die biblioteek se interbiblioteekleningsdiens van 'n ander biblioteek in Suid-Afrika of oorsee aangevra word. Kry aanwysings oor hoe om artikels te vind onder Hoe kan ek inligting vind?

  • Om ‘n tydskrifartikel aan te vra, gaan na Versoek 'n interbiblioteeklening onder Dienste.

  • Voltooi die gedeelte onder "Journal article” op die elektroniese vorm.

  • Voltooi die gedeelte onder “Requestor” (Aanvraer).

  • Kies die biblioteek waar die artikel afgehaal moet word onder “Pickup location”.

  • Kliek op "Submit".

US kliënte op Stellenbosch wat artikels, wat nie elektronies beskikbaar is nie, benodig vanaf een van die takbiblioteke op Stellenbosch, moet self na die betrokke biblioteek gaan om die artikels daar te gaan afhaal.

US kliënte wat artikels, wat nie elektronies beskikbaar is nie, benodig vanaf 'n biblioteek op 'n ander US kampus (Stellenbosch, Tygerberg of Bellvillepark) as waar die kliënt is, kan vra dat die artikels na die kliënt se biblioteek aangestuur word.