Jy moet tans ingeskryf wees vir die akademiese jaar van Universiteit Stellenbosch om afkampustoegang te verkry na die biblioteek se e-bronne.
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens moet binne die akademiese lisensievoorwaardes van sy ingetekende elektroniese bronne bly en daarvolgens is afkampustoegang na die biblioteek se elektroniese bronne slegs moontlik vir netwerk geregistreerde studente en personeellede van die Universiteit.
Die Biblioteek- en Inligtingsdiens het geen mandaat om registrasies vir afkampustoegang uit te voer nie. Registrasie vir afkampustoegang na die Biblioteek- en Inligtingsdiens se e-bronne val onder registrasie vir standaard elektroniese dienste en word deur die Afdeling Informasietegnologie van die Universiteit hanteer.
Die volgende netwerk registrasie-opsies is beskikbaar:
Voorgraadse en Nagraadse studente
Voorgraadse en nagraadse studente word, sodra hulle as ’n US student geregistreer is, outomaties vir standaard elektroniese dienste geregistreer.
Na afloop van studente-registrasie het voorgraadse en nagraadse studente met hul eie netwerkgebruikersnaam en -wagwoord elektroniese toegang op kampusrekenaars by die Rekenaargebruikersareas (RGA's) en die Biblioteek- en Inligtingsdiens na WebStudies, webmail, die internet (deur middel van hul eie Inetkey) en afkampustoegang na die Biblioteek- en Inligtingsdiens se e-bronne en My Biblioteekrekord.
Voornemend nagraadse studente
Indien 'n navorsingsvoorstel eers ingedien moet word vir finale toelating as 'n nagraadse student by Universiteit Stellenbosch, volg onderstaande 3 stappe om afkampustoegang tot die biblioteek se elektroniese bronne te kry:
Doen aanlyn aansoek as ‘n voornemende nagraadse student van die Universiteit Stellenbosch. Hoe doen ek aansoek?
Sodra die elektroniese aansoek afgehandel is, sal jy 'n bevestigende e-pos met 'n US gebruikersnaam en tydelike wagwoord van die US Toelatingskantoor ontvang.
Verander hierna jou tydelike wagwoord en skep jou eie unieke kampus wagwoord om afkampustoegang te verkry na die biblioteek se e-bronne: Change password
Let wel: Voornemend nagraadse studente kry met hul US kampus gebruikersnaam en wagwoord slegs afkampustoegang na die biblioteek se e-bronne nadat hul elektroniese aansoek as 'n voornemende nagraadse student afgehandel is.
Sodra die navorsingvoorstel aanvaar word en die voornemend nagraadse student as 'n volwaardige nagraadse student van die Universiteit registreer, vind registrasie vir alle standaard elektroniese dienste outomaties plaas. (Sien: Voorgraadse en nagraadse studente).
Personeel
'n US personeellid se netwerk rekening word normaalweg bestuur deur die departementele sekretaresse waarin jy geaffilieer is. ’n US-personeellid (met 'n UT-nommer) kan
aanlyn aansoek doen vir standaard elektroniese dienste (netwerk toegang) by network request.
Besoekende of Eksterne personeellede
Akademiese departemente/afdelings kan self besluit of hulle besoekende of eksterne personeellede van hul betrokke departement/afdeling vir standaard elektroniese dienste (netwerk toegang) onder hulle eie kostepunt wil registreer by network request.
Belangrik: Besoekende of eksterne personeellede moet in besit wees van 'n USnommer en pos beskrywing voordat registrasie gedoen kan word. Personeellid se US nommer word verskaf deur Menslike Hulpbronne:
Koste
Die koste van die netwerkregistrasie vir die personeellid word teen die betrokke akademiese departement/afdeling op kampus se kostepunt verhaal. Die betrokke kostepunte om te gebruik sal in die meeste gevalle deur die administratiewe beampte van die betrokke departement/afdeling voorsien kan word.
Personeellede verkry, na afloop van die netwerkregistrasie, netwerktoegang met hul eie netwerkgebruikersnaam en -wagwoord op rekenaars by die Biblioteek- en Inligtingsdiens, na WebStudies, webmail, die internet (deur middel van hul Inetkey, indien hulle wel geregistreer is vir internettoegang op die US kampus) en afkampustoegang na die Biblioteek- en Inligtingsdiens se elektroniese bronne en My Biblioteekrekord.